On Now
Weekdays 05:00 - 06:00
The Agri Hour Gerben
NEXT: 06:00 - 09:00 The Good Morning Breakfast with Shandor, Margaret, John and Nadine
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Druk op departement vir Covid-19-hulpfonds

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:22 Wed, 08 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Druk op departement vir Covid-19-hulpfonds | News Article

Die DA in die Noord-Kaap plaas nou druk op die regering om aan boere 'n tweede kans te gee om aansoek te doen vir die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se nasionale Covid-19-hulpfonds van R1,2 miljard.


Reinette Liebenberg, DA provinsiale woordvoerder vir landbou, grondhervorming, landelike ontwikkeling en natuurbewaring, sê dit kom nadat kleinboere en kleiner kommersiële boere in dié droogtegeteisterde provinsie ontevrede is oor gebrekkige ondersteuning en deursigtigheid rakende dié befondinsing. Sy sê bykans 80% van die aansoeke uit die Noord-Kaap deur boere wat aan die nodige vereistes vir dié hulp voldoen het, is nie goedgekeur nie. Liebenberg sê die DA gaan 'n brief skryf aan die provinsie se nuut aangestelde LUR van landbou, Mase Manopole, asook die premier, Zamani Saul. 'n Lys gaan daarin aangevra word van alle begunstigdes, asook die kriteria waaraan elke aansoeker moes voldoen om vir befondsing in aanmerking te kom. Daar sal ook op nasionale vlak druk toegepas word vir 'n tweede fase van die Covid-19 hulp om aan aansoekers, wat in die eerste fase nie hulp ontvang het, nou die geleentheid te gee.

EN

Dit is belangrik dat landbougemeenskappe bewus is van die wetlike aspekte rondom noodweer of selfverdediging, tydens aanvalle op plase en kleinhoewes. Dit is volgens Vrystaat Landbou (VL) se regsadviseur, Gernie Botha, nadat daar onlangs drie aanvallers in twee afsonderlike voorvalle op plase in die Vrystaat noodlottig gewond is. Botha sê daar is sekere vereistes waaraan voldoen moet word vir die aanval op 'n mens wat in noodweer optree. Dit sluit in dat dié aanval uit 'n positiewe handeling of 'n nalate bestaan. Hy sê 'n "direkte hou" op iemand toegedien is 'n positiewe handeling. Botha sê die aanval moet ook onregmatig wees, wat onder meer aanranding, poging tot moord en opsetlike saakbeskading insluit. Hy sê ander beskermingswaardige belange soos eiendom en 'n mens se goeie naam kan ook beskerm word. Die aanval moet ook in die proses wees om plaas te vind en moet onmiddellik dreigend wees.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.