On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Departement wil waterlisensie-aansoeke só bespoedig

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:15 Wed, 08 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Departement wil waterlisensie-aansoeke só bespoedig | News Article

Die Departement van Water en Sanitasie wil sy reguleringseenheid versterk om sodoende aansoeke om waterlisensies binne 90 dae, en nie 300 dae nie, af te handel.


Dit kom ná minister Lindiwe Sisulu se aankondiging oor die departement se voorneme om dié aansoeke binne dié bepaalde tyd te verwerk. Sisulu se aankondiging kom nadat pres. Cyril Ramaphosa in sy staatsrede vroeër vanjaar sy kommer uitgespreek het oor die tydrowende wyse waarop aansoeke vir waterlisensies verwerk word.  Die departement se woordvoerder, Sputnik Ratau, sê die versterking van dié reguleringseenheid kom daarop neer dat die vermoë van provinsies in dié verband verbeter word. Hy sê die uitreiking van lisensies vir watergebruik in 90 dae sal so spoedig moontlik, sodra die betrokke regulasie afgeteken is, in werking tree. 

Die Suid-Afrikaanse reg maak voorsiening vir noodweer, oftewel selfverdediging, tydens aanvalle. Vrystaat Landbou (VL) se regsverteenwoordiger, Gernie Botha, sê dit is belangrik dat landbougemeenskappe bewus is daarvan, veral nou omdat daar 'n toename in aanvalle op plase en kleinhoewes regoor die land is.  Daarmee saam is drie aanvallers onlangs in twee afsonderlike voorvalle op plase in die Vrystaat noodlottig gewond. Botha sê in terme van die vereistes vir dié afwerende of beskermende handeling moet dit teen die aanvaller gerig wees. Dit moet ook noodsaaklik wees om die belang, wat bedreig word, te beskerm. Botha sê die omstandighede waarin elke voorval plaasvind, sal bepaal of die geweld wat teenoor die aanvaller gebruik is redelik noodsaaklik en proporsioneel in die aanval is. Daar is ook faktore soos wanneer 'n vrou aangeval word en nie fisies teen 'n aanvaller opgewasse is nie, wat in ag geneem word. Die gebruik van lewensgevaarlike geweld word dan geregverdig selfs in omstandighede waar die aanvaller nie 'n vuurwapen gebruik nie.  

EN

Die ANC se voorstel dat onteiening sonder vergoeding weer ondersoek moet word, is 'n blinde najaag van ideologiese denke, wat tot nadeel van die Suid-Afrikaanse samelewing ingeheel sal wees. Dit is volgens AfriForum se Ernst Roets, wat sê groter sekerheid oor eiendomsreg is nou nodig. Daarom is dié burgerregteorganisasie reeds  in die proses om in samewerking met verskeie kundiges ’n omvattende herstelplan, wat onder meer op die ekonomie fokus, op testel. Dit sal eersdaags aan die regering oorhandig word. Hy sê die Covid-19-pandemie en die ANC se irrasionele inperkingsregulasies het ’n reusagtige negatiewe impak op die land en 'n verantwoordelike optrede is nou nodig wat ekonomiese groei in Suid-Afrika kan stimuleer. 


OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.