On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Waterverbruiksregte saak draai in die hof

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:07 Fri, 10 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Waterverbruiksregte saak draai in die hof | News Article

'n Aansoek om verlof tot appèl rakend die oordrag van waterverbruiksregte word vandag in die Appèlhof in Bloemfontein ingedien.


Dit kom nadat die Suid-Afrikaanse Vereniging van Waterverbruikersverenigings, die Doornkraal Besigheidstrust en die De Kalk Besigheidstrust bloedneus in dié verband gekry het. Die Hooggeregshof in Pretoria het teen die verkoop of verhandeling van watergebruiksregte beslis. Janse Rabie, Agri SA se hoof van natuurlike hulpbronne, sê dié organisasie het die Doornkraal Besigheidstrust in die verhoor geldelik ondersteun en het saam met die Suid-Afrikaanse Vereniging van Waterverbruikersverenigings, 'n belang in die uitkoms daarvan.

EN


Die Suid-Afrikaanse wolmark het vandeesweek op die laaste  nasionale wolveiling vir die 2019/20 seisoen hoër verhandel as die vorige veiling.Heindrich Victor, bestuurder van spesiale dienste vesel by OVK, sê  die Cape Wools Merino-aanwyser het 'n styging van 0,9% teenoor die vorige veiling getoon. Hy sê daar is in totaal meer as  9 750 bale aangebied, waarvan sowat 94, % verkoop is. Daarmee saam het die Rand met 0,9% sterker  teen die Amerikaanse Dollar en 0,3% sterker teen die Euro , ooreenstemmend dieselfde tydperk van die vorige veiling, verhandel. Hy sê die mark het weens die sterker Rand, ietwat swakker presteer as die Australiese mark, wat met 1,8% versterk het. Volgens hom was wol wat ontvang is in makelaars se pakhuise vandeesweek 56% laer as die ooreenstemmende tydperk van die vorige seisoen, maar die veiling vandeesweek het weer getoon volhoubare gesertifiseerde wol ontvang goeie aandag onder kopers en daar was gesonde kompetisie. Victor sê daar is nou 'n reses waarna die 2020/21 seisoen na verwagting in die middel van Augustus vanjaar weer sal begin. Dan sal daar eers bepaal kan word wat die mark gaan inhou, maar as Europa terugkeer tot die mark  en produksie voortgaan in terme van vervaardiging dan kan die plaaslike wolmark na verwagting weer sy kop oplig.  



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.