On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: NK-boere hou weer met valkoë dop

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:19 Fri, 10 Jul 2020

Landbounuus-podcast: NK-boere hou weer met valkoë dop | News Article

Terwyl bibberweer sy ysige kloue in die sentrale binneland ingeslaan het, hou produsente in die Noord-Kaap kouefronte, wat deur die binneland beweeg, met valkoë dop.


Dié kouefronte is waardevol vir winterreënvalgebiede in dié droogtegeteisterde provinsie, veral wat reën aanbetref. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê volgens inligting kry die Wes-Kaap, wat ook 'n winterreënvalstreek is, nou gemiddelde reënval met gebiede waar nat toestande daartoe lei dat kunsmis en onkruiddoders nie op saailinge toegedien kan word nie. 

Daarmee saam waarsku Bupo Animal Health alle veeprodusente om bewus te wees van die ekstra uitdaging wat bestaan met betrekking tot koue toestande en die negatiewe invloed daarvan op vee. 'n Dieregesondheidspesialis, dr. Hope Pachena, sê vee-stres wat deur temperatuursveranderinge veroorsaak word, kan produsente duur te staan kom as hulle nie hul kuddebestuur aanpas nie. Hy sê die vermyding van vee-stres is belangrik in die winter, want dit kan tot veeverliese ly, terwyl diere se produksievermoë ook afneem. Volgens hom moet vee sover moontlik beskut word om die vermorsing van veevoer deur diere te voorkom wanneer hulle ekstra energie vervaardig om houlself warm te hou teen die koue. Hy sê veral wanneer die kwik drasties daal, moet boere aanvullende voer aan hul diere gee. Lusernbale en selfs hoendermis kan aan beeste gegee word, maar in terme van hoedermis moet boere ligloop. Algemene simptome van vee-stres sluit in verlaagde produksie in diere, asook 'n verlies aan eetlus omdat diere aan stres ly. Gespanne diere kan ook aggressief raak en is ook meer geneig tot siektes wat behandel moet word, en sodoende boere ekstra geld uit die sak jaag.

EN

Die Suid-Afrikaanse wolseisoen vir 2019/20 het ondanks verskeie uitdagings, wat ook Covid-19 verwant is, steeds tydens die laaste nasionale wolveiling in Port Elizabeth goed afgesluit. Heindrich Victor, bestuurder van spesiale dienste vesel by OVK, sê die Cape Wools Merino-aanwyser het 'n styging van 0,9% teenoor die vorige veiling getoon. Dit het teen 'n skoonprys van R145,66 per kg gesluit. Volhoubare gesertifiseerde wol het steeds gesorg vir gesonde kompetisie onder kopers. Victor sê daar is nou 'n reses waarna die 2020/21-seisoen na verwagting in middel Augustus vanjaar begin.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.