On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Druk op regering oor Covid-19-hulpfonds

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:48 Mon, 13 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Druk op regering oor Covid-19-hulpfonds | News Article

Die DA in die Noord-Kaap plaas nou druk op die regering om aan boere 'n tweede kans te gee om aansoek te doen vir die departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling se nasionale Covid-19-hulpfonds van R1,2 miljard.


Reinette Liebenberg, DA provinsiale woordvoerder vir landbou, grondhervorming, landelike ontwikkeling en natuurbewaring, sê dit kom nadat kleinboere en kleiner kommersiële boere in dié droogtegeteisterde provinsie ontevrede is oor gebrekkige ondersteuning en deursigtigheid rakende dié befondinsing. Sy sê bykans 80% van boere se aansoeke uit die Noord-Kaap is nie deur die regering goedgekeur nie. Dit nadat hulle aan die nodige vereistes vir dié hulp voldoen het.

EN


Die Senwes-groep van maatskappye het die afgelope boekjaar 'n stewige groei van 7,8% teenoor die vorige boekjaar getoon. 'n Netto wins van R303 miljoen is behaal. Daarmee saam het dié groep se verdienste voor rentebelasting met 17,6% vanaf R533 miljoen na R627 miljoen verhoog. Verdienste per aandeel het met 5,4% na 178,3 sent per aandeel gestyg. Francois Strydom, die groep se hoof uitvoerende beampte, sê dié goeie prestasie kom ondanks 'n uitdagende jaar.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.