On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Boere in NK juig oor reën

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:23 Mon, 13 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Boere in NK juig oor reën | News Article

Boere in die Noord-Kaap se winterreënval-gebied juig oor reën wat die afgelope naweek in talle gebiede van dié droogtegeteisterde provinsie verligting gebring het.


Danie Jacobs, Agri Namakwaland se voorsitter, sê daar is groot dankbaarheid vir die afgelope naweek se reën, want daarsonder sou boere in die gebied dit moeilik gevind het om voort te gaan met hul bedrywighede. Boere en hul diere kry steeds swaar weens die droogtetoestande. Diere word steeds gevoer, maar ná dié reën glimlag boere breed wanneer hulle hul diere voer. Jacobs sê dan is koöperasierekeninge en die hoë koste van veevoer vergete. Die reënvalsyfers van die naweek in die onderskeie gebiede verskaf 'n huppel in talle boere se stap. Nog 'n kouefront beweeg vandeesweek deur die binneland, wat die hoop op nóg reën vergroot.

Agri SA het 'n waarskuwing gerig aan die Suid-Afrikaanse regering om waaksaam te wees ten opsigte van die handel in landbouprodukte. Dit kom nadat daar globaal 'n afname in die vraag na produkte was, wat aanleiding gegee het tot surplusvoorraad asook oorvol bergingsgeriewe. Omri van Zyl, Agri SA se uitvoerende direkteur, sê dit het tot gevolg dat daar groter uitvoervolumes en lae-waarde markte ontstaan, wat 'n potensiële bedreiging vir die Suid-Afrikaanse landboubedryf inhou. Daarmee saam word onwettige handel geskep. Van Zyl sê groot toenames in die invoer van gevriesde produkte, soos hoender en aartappels, plaas groter druk op plaaslike boere. Dit het 'n negatiewe impak op dié boere en hul plaaswerkers se inkomste. Hy sê storting van produkte soos hoender kan ontstaan en die groei-vooruitsigte vir een van die land se mees lewensvatbare bedrywe word bedreig. Die risiko van invoer onder die verkeerde tarieflyne kan ook aanleiding gee tot onwettige handel wat vererger word deur die risiko van storting. Die nodige handelsregulasies moet by toegangspunte afgedwing word.

EN

Die department van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling het die veilingbedryf in landbou geloof vir die toepassing van die nodige Covid-19-regulasies ten opsigte van die aanbied van onder meer lewendehawe veilings. Dit kom nadat pres. Cyril Ramaphosa Sondagaand in 'n regstreekse televisie-uitsending, aangekondig het dat die veilingsbedryf in geheel tydens vlak 3 van die nasionale inperking oopgestel word. Daar moet egter aan streng regulasies voldoen word. Die landboudepartement se woordvoerder, Reggie Ngcobo, sê Ramaphosa het indirek 'n pluimpie aan die landboubedryf gegee in dié verband, omdat veilings van onder meer lewende hawe reeds tydens die inperkingsmaatreëls geskied. Hy sê dié bedryf is die voorloper in die aanbied van veilings tydens die vroeë nasionale inperkingstydperk. Dit kan toegeskryf word aan veilingshuise en boere wat die bepaalde protokol streng nakom. Dit sluit onder meer in dat nie meer as 50 mense 'n veiling kan bywoon nie. Die nodige afstand word tussen mense gehou en streng veiligheidsmaatreëls word ook gevolg.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.