On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with OFM
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Suid-Afrikaners het uithouvermoë - Senwes

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:41 Tue, 14 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Suid-Afrikaners het uithouvermoë - Senwes | News Article

Suid-Afrikaners het uithouvermoë. Hulle kan planne maak en onder moeilike omstandighede steeds funksioneer.


Francois Strydom, die Senwes-groep se uitvoerende beampte, sê dit is eienskappe waaroor al 60 miljoen Suid-Afrikaners vir seker beskik. Hy meen dit is in hulle genetiese struktuur. Volgens hom is daar niemand meer wat nie ontnugter word deur die land se politici se optrede nie. Daarom is dit vir die Senwes-groep 'n voorreg om in sulke omstandighede steeds bedrywig te wees en 'n besigheid te bestuur. Strydom meen die landboubedryf is in 'n goeie siklus met verbruikers wat aankoop deur die waardeketting.

EN


Talle landbougemeenskappe in die Noord-Kaap juig oor die afgelope naweek se goeie reën in dié provinsies se winterreënvalgebiede. Daarmee saam is daar groot hoop dat nog 'n kouefront, wat reeds 'n stewige greep in die binneland het, nóg reën sal bring. Danie Jacobs, voorsitter van Agri Namakwaland, sê daar is waarlik groot dankbaarheid oor dié reën, want daar sonder sou boere nie kon voortgaan met hul bedrywighede nie. Landbougemeenskappe trek steeds swaar en diere word gevoer, omdat die voortslepende droogte sy tol op natuurlike weiveld geëis het.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.