On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Alle moorde - ook op plase - 'n bekommernis, sê Ramaphosa

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 14:33 Thu, 16 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Alle moorde - ook op plase - 'n bekommernis, sê Ramaphosa | News Article

Pres. Cyril Ramaphosa is bekommerd oor die veiligheid van mense, ook in landelike gebiede.


Hy het Woensdagaand in sy tweede aanlyn-imbizo met Suid-Afrikaners gesê plaasmoorde is 'n groot bron van kommer vir die regering. Daarmee saam is die regering ook bekommerd oor die moorde op alle mense, insluitende vroue. Ramaphosa het gesê dit beteken nie as hy hom nie uitlaat oor die moorde op mense op plase, asook in townships, dat dit nie vir hom 'n bron van kommer is nie. Hy is diep bekommerd oor almal wat in Suid-Afrika vermoor word.

Onlangse goeie reën in winterreënvalgebiede in die Noord-Kaap is nie al ligpunt vir plaaslike landbougemeenskappe nie. Agri Noord-Kaap het vandeesweek met die provinsiale departement van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling oor rampdroogtehulp deur die regering vergader. Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, sê die volgehoue druk wat toegepas is deur dié organisasie rakende rampdroogtehulp het vrugte afgewerp. Daar is onlangs in die Parlement in 'n vraag-en-antwoordsessie bevestig dat R35,6 miljoen vroeër vanjaar aan die Noord-Kaap toegeken is. Dit het egter nooit gerealiseer nie. Jansen sê die nuwe hoof van rampbestuur in die Noord-Kaapse department, Lerato Modise, het egter vandeesweek op dié vergadering bevestig dié geld is nou beskikbaar aan die provinsie. Jansen sê Agri Noord-Kaap is baie dankbaar dié geld is nou beskikbaar en hulle onderneem om hard saam met die departement te werk om te verseker dat dié droogtehulp regverdig aan boere in die betrokke streke verleen word.

EN

Intussen het wynprodusente in die Wes-Kaap minder rede om te glimlag ná pres. Cyril Ramaphosa se aankondiging oor die onmiddellike verbod op drankverkope. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê dié organisasie betwyfel of die regering werklik die negatiewe impak van die regering se besluit op die wynbedryf in geheel begryp. Volgens Strydom het die strenger Covid-19-inperkingsvlakke reeds 'n groot nadelige uitwerking op dié bedryf gehad. Dié verbod op binnelandse verkope het 'n inkomste-verlies van meer as R3 miljard tot gevolg gehad. Hy sê daar is ook vrees oor werksverliese, wat reeds weens die Covid-19-regulasies in die waardeketting voorgekom het. Na raming kan nog 18 000 werknemers geraak word.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.