On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Reën tot Augustus in winterreënvalstreek verwag

───   11:31 Fri, 17 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Reën tot Augustus in winterreënvalstreek verwag | News Article

Baie koue toestande kan tot net voor die naweek oor die binneland van Suid-Afrika voorkom namate 'n front oor die land beweeg.


Die volgende front kan rondom 23 Julie weer reën oor die winterreënvalstreek bring. Twee frontale stelsels het vanaf 9 Julie oor die land voorgekom, met die tweede stelsel wat tot Donderdag baie lae temperature oor groot dele van die land veroorsaak het. Landbouweekblad berig dat weermodelle op langer termyn aandui dat frontale stelsels in die eerste deel van Augustus vanaf die suidweste oor die land kan voorkom. Veeboere wat wil begin kleinvee skeer, kan dit oorweeg om in die laaste week van Julie te begin skeer, hoewel die risiko vanjaar hoog bly met moontlike reën in die tweede week van Augustus.

EN

Pres. Cyril Ramaphosa is bekommerd oor die veiligheid van mense ook in landelike gebiede. Hy het in sy tweede aanlyn-imbizo met Suid-Afrikaners gesê plaasmoorde is 'n groot bron van kommer vir die regering.  Daarmee saam is die regering ook bekommerd oor die moord op alle mense, insluitende vroue. Ramaphosa het gesê dit beteken nie as hy hom nie uitlaat oor die moord op mense op plase asook in townships, dat dit nie vir hom 'n bron van kommer is nie. Hy is diep bekommerd oor almal wat in Suid-Afrika vermoor word.




OFM-nuus/Christali-Lize Muller


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.