On Now
Weekdays 23:00 - 23:59
Overnight Oscar
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landbou tweede belangrikste bedryf in NK

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:47 Fri, 17 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Landbou tweede belangrikste bedryf in NK | News Article

Die Landboubedryf in die Noord-Kaap is die tweede belangrikste bedryf naas mynbou in dié provinsie.


Dit is die ruggraat van landelike ekonomieë en daarom moetdié bedryf beskerm word.  Die nuut-aangewysede LUR van landbou in die Noord-Kaap, Mase Manopole, wat die voormalige LUR van gesondheid in die provinsie was, sê die departement het verskeie landbou-ondersteuningsprogramme waar hulp aan boere verleen word. Hoofsaaklik kleinskaalse boere word ondersteun om die bedryf te transformeer.  Dit is deel van haar visie vir die department. Sy sê dit sal meer werksgeleenthede in die proses skep. Juis daarom is meer as R200 miljoen in dié departement se begroting van R559,9 miljoen vir die 2020/21-boekjaar bewillig. Dit  vorm 43% van die begroting en sluit die omvattende landbou-ondersteuningsprogram (Casp) en die voorwaardelike toelaes vir die Ilima/Letsema-projekte in. Die projekte is gemik op kleinboere om hul produksievermoë te verhoog, terwyl die Casp-program gerig is op die bevordering van  infrastruktuur op plase om sodoende duisende werksgeleenthede te skep. Die Vaalharts-herlewingsprogram en Namakwa Besproeiing-ontwikkelingsprojek vorm deel daarvan.

Die DA in die Noord-Kaap is diep bekommerd oor die LUR van landbou, grondhervorming, landelike ontwikkeling en natuurbewaring, Mase Manopole, se begroting wat sy vandeesweek gelewer het. Reinette Liebenberg, DA provinsiale woordvoerder vir landbou, sê daarmee saam sal daar heel waarskynlik nog aanpassings volg aan dié begroting van R559 miljoen ná die Covid-19-aanpassingsbegroting. Sy sê 'n groot bron van kommer is die departement se uitrol van droogtehulp wat onsekerheid by boere geskep het. Daar is R36 miljoen se droogtehulp vroeër vanjaar aan die Noord-Kaap toegeken maar die geld is nog nie beskikbaar nie en boere het steeds geen hulp ontvang nie. Boere is steeds onseker of hulle hulp van die regering gaan ontvang. 

EN

'n Gevestigde pluimvee-abbatoir by Reitz in die Oos-Vrystaat, Grainfield Chickens (GFC), is 'n voorloper op internasionale gebied ten opsigte van die aaneenlopende verbetering van 'n bedryf deur betrokkenheid op alle vlakke van dié organisasie. René van der Westhuizen,'n bedryfsingenieur by GFC, wat in 2010 onder leiding van die eeue-oue onderneming VKB gevorm is, sê dié organisasie het die gesogte 20 Keys-internasionale eerbewys vir uitnemendheid ontvang. Dit bestaan uit 20 elemente of sleutels wat waarde in die organisasie ontsluit. Sy sê die verbetering van vyf doelwitte is dié stelsel se hooffokus, terwyl daar ook vereistes is waaraan voldoen moet word. Volgens Van der Westhuizen moet  'n kultuur geskep word waar mense dink oor wat hulle doen en daarop te verbeter.  Gereelde vordering word gemeet deur middel van merkstate  teenoor die wêreldklas en beste praktyke. Sy sê die vereistes om die eerbewys vir uitnemendeheid te bereik sluit onder meer in 'n  50% verbetering in produktiwiteit, 'n  20% toerustingbeskikbaarheidsbewys en kosteverbetering van 20% moet ook bewys word. Volgens haar implementeer al die nywerhede van VKB dié stelsel.  Van der Westhuizen sê mielies en sojabone wat in die Oos-Vrystaat geproduseer word, vorm deel van die kossamestelling vir braaikuikens en dit het destyds sin gemaak om die waardeketting 'n hupstoot te gee met die oprigting van 'n veevoeraanleg. Vandaar het GFC van krag-tot-krag gegaan en sowat  900 000 hoenders word per week geslag. 

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.