On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: GWK en VKB ondersoek moontlike vennootskap

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:29 Mon, 20 Jul 2020

Landbounuus-podcast: GWK en VKB ondersoek moontlike vennootskap | News Article

Die landboumaatskappy GWK, met sy hoofkantoor in Douglas in die Noord-Kaap, en die VKB-groep in Reitz in die Vrystaat, gaan nou die moontlikheid ondersoek om 'n vennootskap te vorm.


Die besturende direkteur van die VKB-groep, Koos Janse van Rensburg, sê dié twee maatskappye se onderskeie direksies het die groenlig gegee vir samesprekings om te begin oor die moontlike vorming van 'n vennootskap. Hy sê die stap is geneem want dit moet in ag geneem word dat daar in die landboubedryf konsolidasie plaasvind. Hy sê VKB en GWK  is albei twee goeie outonome lanboubesighede wat op hul eis kan voortbestaan, maar wat waarskynlik beter af sal wees as hulle sekere funksies saamvoeg. VKB het 55 handelstakke, en is gevestig in die noordoostelike gedeelte van die Vrystaat asook die noordelike gedeeltes van KwaZulu-Natal en die suidelike deel van Mpumalanga. Daar is in die hele Limpopo ook 'n goeie verspreiding van VKB-takke.


EN


Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, distansieer haarself van mense wat voordoen dat hulle sy is, en sosiale media-rekeninge in haar naam open. Woordvoerder van die departement, Reggie Ngcobo, sê Didiza wil dit duidelik stel dat sy nie op enige sosiale media platform aktief is nie. Dit kom nadat Didiza deur besorgde mense oorval is met oproepe om te bevestig dat dit wel sy is waarmee daar op dié platforms gekommunikeer word. Lede van die publiek waarsku oor 'n aantal sosiale media-rekeninge wat voorgehou word om haar eie te wees. Ngcobo sê daar is geen befondsingsprogramme van die Europese Unie (EU) waarby sy betrokke is. Didiza doen 'n beroep op mense om waaksaam te wees teen enigiemand wat hulself as haar voordoen. 'n Klag is by die polisie aanhangig gemaak. Dit is ook by Facebook aangemeld.  




OFM-nuus


@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.