Agriculture
Landbounuus-podcast: Leierboer sterf weens Covid-19─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:19 Thu, 23 Jul 2020
Talle in landbou- en regskringe betuig medelye met die afsterwe van 'n leierboer en veelsydige advokaat van Vryburg in Noordwes.
Kammie Strydom is Maandag in die ouderdom van 72 in die Life Anncron-hospitaal in Klerksdorp in Noordwes weens Covid-19 oorlede. Sy seun Zarlus, sê sy pa het gesukkel met sy longe en het verlede jaar ook varkgriep opgedoen. Hy sou eerskomende Dinsdag 73 geword het. Kammie het nie slegs diep spore in Noordwes maar ook in sy jonger jare in die Vrystaat getrap.
EN
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derkesen sê die prys wat behaal is vir diere op veilings het stabiel gebly. Slagbulle het 'n goeie styging in die prys getoon van R21, 75 verlede week na oor R22. Stoorlammers het ook 'n goeie styging getoon. Derksen versprei dié inligting sodat produsente en kopers dieselfde inligting tot hul beskikking het om sodoende ingeligte besluite te kan neem met die aankoop en verkoop van lewende hawe op veilings. Die Noord-Vrystaat word as 'n indeksgebied gebruik.
OFM-nuus
