On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Meer as 1 400 NK-boere het #Covid19-hulp ontvang

───   11:23 Thu, 23 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Meer as 1 400 NK-boere het #Covid19-hulp ontvang | News Article

Meer as 1 400 kleinboere en bestaansboere in die Noord-Kaap het hulp van die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se Covid-19-hulppakket van R1,2 miljard ontvang.


Dié provinsiale departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê meer as 8 860 aansoekvorms is in dié provinsie ontvang, en die meerderheid van die aansoekers was onsuksesvol. Luphahla sê die vee-kategorie was die gewildste waarin boerehulp verlang het. Pluimvee- en groente-boere het ook aansoek gedoen. Hy sê die totale begroting wat aan die Noord-Kaap toegeken is vir dié Covid-19-hulppakket, was R42 miljoen. Elk van die boere wat goedgekeur is, het insette ontvang vir hul boerderybedrywe in die vorm van 'n koopbewys ter waarde van R50 000 elk. Luphahla beklemtoon opnuut die keuringskriteria en die kwalifiseringsproses wat gevolg is, was deursigtig en konsekwent in al die distrikte in die Noord-Kaap.  

Die minister van landbou, grondhervorming en landelikeontwikkeling, Thoko Didiza, sal na verwagting 'n nasionale appèlkomitee  aanwys om klagtes te ondersoekrakende boere se afgekeurde aansoeke vir die departement se Covid-19-hulpfonds van R1,2 miljard. Didiza het Dinsdag tydens 'n virtuele sessie waarin sy die Parlement ingelig het oor haar begrotingsbesnoeiings, gesê die impak van die Covid-19-pandemie opvoedselsekuriteit plaaslik en oor die wêreld heen is 'n realiteit. Dit het foute wat in landbou en die waardeketting is, ook plaaslik uitgewys. Daarom het die regering ingegryp en dié hulppakket beskikbaargestel. Didiza het gesê die groot getal aansoeke wat ontvang is, was 'n duidelike aanduiding van die groot vraag na geldelike hulp deur boere. Sy het benadruk dat die regering beperkte hulpbronne het om aan dié vraagte voorsien. Die landboudepartement se totale begroting vir die boekjaar is met R2,39 miljard verminder tot 'n totaal van R14,4 miljard. Die begroting is besnoei weens die impak van die Covid-19-pandemie. 

EN

Intussen het Agri SA hom sterk uitgespreek oor die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se afgeskaalde begroting.  Dié organisasie meen minister Thoko Didiza se begroting ondermyn landbou as 'n spilpunt vir groei in die land. Agri SA se Christo van der Rheede sê die departement se salarisrekening, wat op R4,44 miljard staan, moes eerder besnoei word as programme vir voedselsekuriteit, grondhervorming, produksiehulp en infrastruktuurontwikkeling. Die departement se salarisrekening is slegs met R300 miljoen besnoei, terwyl voedselsekuriteit, grondherverdeling en restitusie, asook landbou-ondersteuning, met R1,89 miljard besnoei is.   


OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.