On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Agri SA wil voortbou op voedselinisiatief

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:56 Fri, 24 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Agri SA wil voortbou op voedselinisiatief | News Article

Agri SA se surplushulpveldtog het te midde van die Covid-19-pandemie en inperkingsmaatreëls reeds R100 miljoen se hulp aan gemeenskappe in nood verleen.


Dit is moontlik gemaak deur skenkings van boere en korporatiewe instellings. Agri SA wil nou daarop voortbou met sy R1 miljard voedselinisiatief wat bekend gestel is. Hiermee poog dié organisasie om gemeenskappe,  wat voedselonsekerheid in Suid-Afrika ervaar, verder te voed.  Andrea Campher, Agri SA se ramprisikobestuurder, sê die regering en die private sektor se ondersteuning word nou gevra. Sy sê enige donasies, borgskappe, of voedselhulp word verwelkom. Die R1 miljard is 'n groter mylpaal wat dié organisasie en sy geaffilieerdes wil bereik, omdat statistieke toon dat sedert die begin van die nasionale inperking die persentasie mense wat hongersnood ervaar, van 4,3% tot 7% toegeneem het. 'n Opname oor die impak van dié pandemie op werksgeleenthede en inkomstes, toon ook die Noord-Kaap, Noordwes en Mpumalanga het die hoogste persentasie huishoudings wat ernstige voedseltekorte ervaar.

Intussen wil die DA nou antwoorde hê oor die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling se Covid-19-hulpfonds wat aan kleinboere en kommunuale boere beskikbaar gestel is.  Annette Steyn, die DA se skaduminister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling,  sê daar is talle vrae oor waar dié departement geld vir dié fonds bekom het. Sy sê landbouminister, Thoko Didiza, het uit die staanspoor gesê geld wat nie uit die vorige boekjaar se begroting vir grondhervorming gebruik is nie, is aan dié fonds beskikbaar gestel. Volgens Steyn blyk dit ook daar is nog geld van die departement vir dié hulpfonds gebruik. Die fonds se totaal was R1,3 miljard en nie R1,2 miljard, soos aanvanklik aangedui is nie. Die DA het Didiza gevra vir 'n indiepte ondersoek. Daarmee saam het dit ook aan die lig gekom dat regeringsamptenare van die Covid-19-hulppakket se geld vir hulself toegeëien het.

EN

Die Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling in die Noord-Kaap sê droogtehulp van  meer as R35  miljoen, wat vroeër vanjaar deur die regering aan dié provinsie toegeken is, is nou beskikbaar. Die provinsiale departement se woordvoerder, Zandisile Luphahla, sê die Noord-Kaapse LUR,  Mase Manopole, sal binnekort meer besonderhede beskikbaar stel oor hoe dié geld aangewend en versprei sal word. Die regering se nasionale rampbestuursentrum het ook vandeesweek onder hewige kritiek deurgeloop met dié sentrum se besluit om die klassifikasie van droogte as 'n nasionale ramp te herroep. Dit is in die Staatskoerant gepubliseer.


OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.