On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Bejaarde NK-egpaar steeds vermis ná aanval

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:49 Tue, 28 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Bejaarde NK-egpaar steeds vermis ná aanval | News Article

'n Bejaarde egpaar van die Magogong-gebied by Hartswater in die Vaalhartsbesproeiingskema in die Noord-Kaap is steeds vermis.


Danie en Breggie Brand se dogter, Elzabie, se liggaam is egter in 'n veld by die Takaneng-dorpie by Taung gekry nadat hulle Sondag op 'n kleinhoewe deur 'n groep mense aangeval en ontvoer is. Die  nasionale polisiewoordvoerder, Vishnu Naidoo, sê Elzabie is vermoor, maar die oorsaak van haar dood is nog onbekend.  Hy sê drie mense, waaronder 'n vrou, is Maandagaand in hegtenis geneem. Hy sê 'n uitgebreide soektog is Maandag van stapel gestuur nadat 'n bekommerde familielid  die polisie genader het. Hy sê met die soektog wat in die Noord-Kaap voortgeduur het, is 'n tweede beweerde gesteelde motor van die Brand-gesin in die Pudimoe-gebied deur die polisie gewaar. 'n Vrou het die motor bestuur.  Naidoo sê die polisie se ondersoek het Maandagaand deur die nag voortgegaan waarna Elzabie se liggaam Dinsdag gekry is.  Die polisie-ondersoek duur voort.

Intussen sê Johan Stoltz, bevelvoerder van die Vaalharts-gemeenskapsveiligsheidseenheid, dit was duidelik sigbaar by die kleinhoewe waar Danie Brand, sy vrou Breggie en hul dogter Elzabie, Sondag aangeval is, dat hulle ernstig beseer is. Stoltz sê die Brand-egpaar se ander dogter het na haar ouers gesoek, maar kon hulle nie in die hande kry nie. Stoltz sê dit is baie hartseer dat mense wat afgetree is, 'n stil lewe gelei het en niemand gepla het nie, só wreed aangeval is.

EN 

Daarmee saam het die Vryheidsfront Plus sy skok uitgespreek oor die aanval op die 83-jarige Danie Brand, sy 73-jarige vrou, Breggie, en hul dogter Elzabie, op hul kleinhoewe in die Magogong-distrik op die grens tussen die Noord-Kaap en Noordwes. Theo Joubert, die Vryheidsfront Plus se takvoorsitter by Hartswater in dieselfde gebied, sê hoewel dit nog té vroeg is om besliste gevolgtrekkings te maak, kan daar met veiligheid gesê word dat hierdie voorval óf deel van die huidige vlaag plaasaanvalle is, óf as dekmantel vir ander misdaad gebruik word. Hy sê dié politieke party verwelkom ook 'n mosie wat Maandag in die Noord-Kaapse wetgewer aanvaar is, waarin dié aanval veroordeel is.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.