On Now
Weekends 12:00 - 16:00
Saterdag Siësta Laurika
NEXT: 16:00 - 20:00 OFM Decades with James
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Hartswater ruk op tydens moordverdagtes se hofverskyning

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:33 Fri, 31 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Hartswater ruk op tydens moordverdagtes se hofverskyning | News Article

Magogong, Hartswater en Jan Kempdorp gemeenskapslede het Donderdag met die eerste hofverskyning van vyf verdagtes, wat teregstaan op die ontvoering en moord van die Brand-gesinslede, soos een man opgeruk om by dié hofverrigtinge protes aan teken.


Frederik Van Zyl, veiligheidsverteenwoordiger van die Vaalharts-landbouvereniging, sê tussen 200 en 300 mense het voor die hofverskyning in Vaalharts saamgekom en in 'n konvooi na die polisiekantoor en die landdroshof gery. Hulle het toe buite die hof saamgedrom en protes aangeteken teen die vrylating van dié verdagtes. Danie Brand en sy vrou Breggie, en hul dogter Elzabie, is Sondag in hul huis op 'n kleinhoewe by Hartswater aangeval en toe ontvoer.  Elzabie se liggaam is Dinsdag in die vroeë oggendure in 'n veld naby Taung in Noordwes gevind, waarna haar ouers se lyke dieselfde dag 'n ent verder in dié beboste gebied gekry is. Van Zyl sê dit was goed om te sien hoe die gemeenskap kan saamstaan.

Die landbougemeenskap van die Vaalharts-gebied in die Noord-Kaap is steeds geskok oor die wrede aanval en moord op die Brand-gesin. Dié vermoorde gesinslede, wat Sondag voor 12:00 glo nog op hul selfone beskikbaar was, is toe deur hul aanvallers ontvoer. Willem Lauwrens, 'n boer van die Vaalhartsbesproeiingskema in die Noord-Kaap, sê die landbougemeenskap kan nie glo wat in hul midde gebeur het nie.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.