On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Pulane
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Statistieke oor plaasmoorde akkuraat - Cele

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:46 Fri, 31 Jul 2020

Landbounuus-podcast: Statistieke oor plaasmoorde akkuraat - Cele | News Article

Die statistieke oor plaasmoorde is akkuraat en daar is goeie samewerking tussen landbouverenigings en buurtwagte in landelike gebiede wat die polisie van inligting voorsien.


Dit is pynlik, maar van die maklikste statistieke om te bekom omdat daar liggame is. Dít was volgens die minister van polisie, Bheki Cele, wat die jongste misdaadstatistieke in samewerking met Statistieke SA (Stats SA) bekendgemaak het. Norman Sekhukhune, die polisie se hoof van misdaadnavorsing en -statistieke, het tydens sy aanbieding gesê moorde op plase en kleinhoewes het van die 2017/2018-boekjaar op 62 slagoffers, 'n 24,2%-afname in die 2018/2019-boekjaar getoon. Altesaam 47 slagoffers is toe vermoor. Volgens hom was daar egter 'n toename in die 2019/20-boekjaar. Daarmee saam het die polisie aangedui plaasboere en werknemers gaan gewerf word om as reserviste op te tree. Dit is deel van die polisie se nasionale landelike veiligheidstrategie, wat verlede jaar in Limpopo bekendgestel is. Reserviste is in al die provinsies opgeroep om hulp te verleen met betrekking tot misdaadvoorkoming. Cele het ook gesê aanlynplatforms word gebruik om na mense in landelike gebiede uit te reik as deel van die modernisering van aanvalle. Oortreders sal nou ook binne 72-uur aangekeer moet word.

Die nasionale polisiekommissaris, Kehehla Sitole, het voor die bekendmaking van die jongste misdaadstatistieke, wat nou kwaartalliks uitgereik word, aan die portefeuljekomittee oor polisie in die Parlement gesê, bykomende aandag gaan nou aan plaasmoorde en aanvalle geskenk word. Gespesialiseerde eenhede in landelike gebiede gaan versterk word. Volgens hom is ses van die eenhede reeds afgeteken om daarmee te help. Toegewyde ondersoeke sal daarop fokus.

Daar was 'n toename in veediefstal die afgelope drie jaar in Suid-Afrika gewees. Norman Sekhukhune, hoof van misdaadnavorsing en -statistieke van die polisie, het tydens die uitreiking van die jongste misdaadstatistieke , gesê ondanks dié toename in veediefstalvoorvalle, was daar 'n afname in die 2019/20-boekjaar. 28 418 voorvalle van veediefstal het in dié afgelope boekjaar voorgekom teenoor 29 672 voorvalle in die 2018/2019-boekjaar. Volgens Sekhukune was daar in die 2017/18-boekjaar 28 849 voorvalle gewees. Veediefstal is 'n baie ernstige misdaad in landelike gebiede en moet net soos alle ander ernstige misdade hanteer word.

EN

Intussen sê Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid vir landelike beveiliging, en vise-president van Vrystaat Landbou (VL), die jongste misdaadstatistieke weerspieël nie die gevoel van onveiligheid wat onder die boerderygemeenskap heers nie. Die vlaag plaasaanvalle en -moorde en veral die onlangs moorde in die Vaalharts-distrik, asook die hoë vlakke van eiendomsverwante misdaad, het daartoe gelei dat gemoedere bykans breekpunt bereik het.

OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.