On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Statistieke weerspieël nie onveilige gevoel onder boere

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:08 Mon, 03 Aug 2020

Landbounuus-podcast: Statistieke weerspieël nie onveilige gevoel onder boere | News Article
Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid vir landelike beveiliging

Die polisie se jongste misdaadstatistieke is nie 'n ware weerspieëling van die onveilige gevoel wat onder boeregemeenskappe heers nie.


Dit is volgens Tommie Esterhuyse, voorsitter van  Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid vir landelike beveiliging, ná die statistieke Vrydag deur die minister van polisie, Bheki Cele, bekend gemaak is. Daarvolgens het moorde op plase en kleinhoewes van die 2017/18-boekjaar op 62 slagoffers, 'n afname in die 2018/19-boekjaar getoon. Altesaam 47 slagoffers is toé vermoor.  Luidens die polisie se statistieke was daar 'n toename in moorde op plase en kleinhoewes in die 2019/20 boekjaar. Volgens Esterhuyse loop gemoedere in die landbougemeenskap hoog.

EN

Volgens Esterhuyse kan die toename in moorde op plase en kleinhoewes in die Vrystaat toegeskryf word aan oorgrensmisdaad met Lesotho en 'n groot deel van die Vrystaat wat aan mekaar grens. Moorde word in dié gebied teen die Lesotho-grens in die Vrystaat gepleeg, daar was egter afsonderlike gevalle die afgelope maand waar drie aanvallers noodlottig gewond is. Boere moes in dié voorvalle hulself beskerm. Dit is ook ’n groot bekommernis, want hierdie optrede kan toeneem, sê hy. Daar is egter meer positiwiteit oor die nasionale polisiekommissaris, genl. Khehla Sithole, se aankondiging dat ses eenhede, wat landelike beveiliging of plaasmoorde sal ondersoek, nou van die grond af kom.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.