Agriculture
Landbounuus-podcast: Agri SA verwelkom reservistestelsel─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:42 Tue, 04 Aug 2020
Agri SA is hoopvol dat daar nie meer gesloer gaan word om die polisie se hersiende landelike beveiligingsstrategie, wat die reservistestelsel insluit, in werking te stel nie.
Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid vir landelike beveiliging, sê die reservistestelsel gaan tot gevolg hê dat gemeenskappe meer magte het tydens aanvalle op plase en kleinhoewes. Dié tonele sal beveilig kan word deur reserviste. Opleiding van reserviste gaan vir seker tot meer doeltreffende optrede bydrae. Dit kom nadat die polisie verlede week met die vrystelling van die nasionale misdaadstatistieke deur die minister van polisie, Bheki Cele, aangedui het dat die instelling van die reservistestelsel nou die nodige dringendheid geniet.
EN
Die DA in die Vrystaat beskou die LUR van landbou en landelike ontwikkeling in die Vrystaat, William Bulwane, se erkenning dat misdaad in landelike gebiede 'n ernstige probleem is, as 'n ligpunt. DA leier van die amptelike opposisie in die Vrystaatse wetgewer, Roy Jankielsohn, sê Bulwane se erkenning daarvan is van groot belang, maar dit moet nie slegs by praat bly nie. Hulpbronne moet in dié verband in die Vrystaat beskikbaar gestel word. Bulwane het sy begroting van R712 miljoen verlede week virtueel in die wetgewer gelewer waarna die begrotingsdebat gevolg het.
OFM-nuus
