On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: TLU SA neem hande met Agri SA

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:34 Thu, 06 Aug 2020

Landbounuus-podcast: TLU SA neem hande met Agri SA | News Article

Henry Geldenhuys, adjunk-president van TLU SA, meen organisasies in die landboubedryf moet nou saamwerk om sodoende te verhoed dat plaasmoorde en aanvalle plaasvind.


Daar moet gesamentlik meer druk geplaas word op die regering. In dié verband verwys hy na TLU SA wat nou hande vat met Agri SA. Dié twee organisasies werk reeds op 'n goeie grondslag saam. Geldenhuys sê dit is vir dié organisasie positief om saam met ander organisasies te werk sodat samewerking uit 'n breë veld kom.  

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, sê die prys van beeste styg steeds op veilings, terwyl die prys van kleinvee 'n afname getoon het. Daarmee saam verwys hy na die prys van lewende hawe in Suid-Afrika se buurland, Namibië, wat aansienlik hoër is teenoor die Suid-Afrikaanse prys. In Nambibië verkoop speenkalwers wat lig weeg en van goeie gehalte is teen sowat R40 per kg. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg teen R36,12 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R34,86 en speenkalwers oor 250kg het teen R31,87 per kg verkoop.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.