On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: APAC toevertrou met Covid-19 riglyne

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:13 Tue, 11 Aug 2020

Landbounuus-podcast: APAC toevertrou met Covid-19 riglyne | News Article

Landboubedrywighede is sedert die begin van die nasionale staat van inperking weens die Covid-19-pandemie in Maart vanjaar as 'n noodsaaklike diens geklassifiseer.


Dit was om toe te sien dat landbouproduksie in die meeste bedrywe kan voortgaan. Veilings van lewende hawe is daarby ingesluit en dit moet plaasvind onder goed beheerde omstandighede en met die nodige verantwoordelikheid. Die ontwikkeling en instelling van dié aanwysings het dus ten doel om veilings te laat funksioneer om seker te maak die aanbod van lewende hawe in die voedselwaardeketting is beskikbaar. Francois Knowles, registrateur van die Landbouprodukte Agenteraad (APAC), sê dié aanwysings moet ook voldoen aan die regulasies in gevolge die Rampbestuurswet wat afgekondig word. Dié aanwysings moet rigtinggewend wees en toegepas en die regulasies wat deur die regering afgekondig word ondersteun. Volgens Knowles is dié aanwysings aan APAC toevertrou en dit dien as 'n riglyn waarvolgens Covid-19-protokol by 'n veiling moet plaasvind.

EN

'n Toegewyde en hardwerkende veeboer van die plaas Zuurwater in Aggeneys in die Noord-Kaap is 'n vrou van formaat in die landbou. Hester Maasdorp meen daar is defnitief 'n toekoms in die land vir boere al is dit in die droogtetoestande soms baie moelik om te glo.





OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.