On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vleispryse bemoedig bedryf

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:47 Tue, 11 Aug 2020

Landbounuus-podcast:  Vleispryse bemoedig bedryf | News Article

Dit is vir die rooivleisbedryf bemoedigend dat die produsenteprys van lewende hawe te midde van die Covid-19-pandemie die afgelope paar weke 'n toename toon.


Gerhard Schutte, uitvoerende hoof van die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, sê dit dra by tot die goeie situasie waarin die rooivleisbedryf homself nou bevind.  Schutte sê die goeie prys wat produsente behaal vir hul diere, kan onder meer toegeskryf word aan verbruikers se verbeterde kontantvloei weens die feit dat baie mense van die huis af werk. Daarmee saam is daar 'n goeie persepsie van rooivleis wat ook bydra tot 'n toename in die vraag na rooivleis.  Schutte sê die bek-en-klouseer situasie in Limpopo is ook onder beheer en bedrywighede op die eiendomme waarop dié virussiekte uitgebreek het, gaan weer voort. Daarmee saam sê Schutte die RPO het nog geen bevestiging ontvang dat die departement van landbou in Botswana sy verbod op die invoer van gesplete hoefdiere vanaf Suid-Afrika opgehef het nie. Die Suid-Afrikaanse Departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling kon dit ook nog nie bevestig nie. 

Intussen dui die nuutste vleispryse van ABSA, wat deur die Rooivleisprodusente-organisasie, RPO, versprei word, dat die prys van A-klas beeste R44,07 per kg is.  Die prys van B-klas beeste is R41,08 en C-klas R39,14 per kg. Die speenkalfprys is R32,23. Die prys van A-klas skape is R88,54 per kg en voerlammers verkoop teen R44,31 per kg. Skakel Donderdagoggend in op OFM se Agri-Uur met Gerben van Niekerk tussen 05:00 en 06:00 vir die weeklikse insetsel met Chris Derksen, 'n kenner in die vleisbedryf, wat die jongste pryse vir lewende hawe wat op veilings behaal is, lewer. 

EN

Aanwysings vir veilings van lewende hawe is deur die Landbouprodukte Agenteraad, APAC, in samewerking met die regering in die Staatskoerant gepubliseer. Francois Knowles, registrateur van APAC, sê dié aanwysings het ten doel om veilings doeltreffend te laat funksioneer te midde van die Covid-19-pandemie. Hy sê die ontwikkeling en instelling van dié aanwysings het ten doel om veilings suksesvol te laat funksioneer sodat alle betrokkenes se gesondheid nie in gevaar gestel word nie. Dié aanwysings, wat aan die Wet op Rampbestuur moet voldoen, dien dus as 'n riglyn waarvolgens Covid-19-protokol by 'n veiling moet plaasvind. Dit sluit onder meer in die voorbereiding van die veilingsgronde voordat die veiling plaasvind, sowel as maatreëls wat tydens die veiling moet geld.  Knowles sê tydens veilings geld regulasies soos onder meer dat slegs 50 mense wat in die ring toegelaat word.  Hy sê daar moet ook 'n register wees waarvolgens mense wat die veiling bywoon, nagespeur kan word. Die vereiste afstand tussen mense moet gehou word, en sanitasie is van groot belang. Die sanitasie van die veilingsperseel en toerusting na 'n veiling word ook vereis.  


OFM-nuus

 

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.