On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: RPO voel dit gaan goed in die bedryf

───   11:40 Wed, 12 Aug 2020

Landbounuus-podcast: RPO voel dit gaan goed in die bedryf | News Article

Die Rooivleisprodusente-organisasie se uitvoerende hoof, Gerhard Schutte sê dit is vir die rooivleisbedryf bemoedigend dat die produsenteprys van lewende hawe te midde van die COVID-19 pandemie die afgelope paar weke 'n toename toon.


Dit gaan volgens hom in dié stadium goed in dié bedryf. Die prys van lammers vir produsente is hoog en is sowat 13% hoër op 'n jaar-tot-jaar grondslag teenoor die prys verlede jaar. Hy meen dit is 'n geskiedkundige hoogtepunt vir die land. Daarmee saam vergelyk die prys van beeste tans dieselfde teenoor verlede jaar se prys tydens dieselfde tydperk. Die prys van speenkalwers is egter bemoedigend en met 'n goeie mielieoes in die pyplyn, is daar groot optimisme oor die rooivleisbedryf in die land met uitvoer wat steeds geskied. Dit blyk dat die bek-en-klouseer uitraak ook onder beheer is

EN

Saai, ’n organisasie wat die regte en belange van familieboere – insluitend wildboere – beskerm, het vandag ’n dringende aansoek by die Noord-Gautengse Hooggeregshof in Pretoria ingedien om die verbod op reis tussen provinsies vir bestaansjagdoeleindes op te hef. Die aansoek is namens 368 wildplaaseienaars en -operateurs ingedien en het ten doel om voorskrifte 2, 3(a) en 3(b) van die gewysigde riglyne wat betrekking het op die biodiversiteitsektor tersyde te stel, wat op 28 Julie 2020 in Staatskennisgewing no. 822 in Staatskoerant no. 43564 gepubliseer is, asook die wysigings wat op 7 Augustus 2020 aangebring is. Vanweë COVID-19 en die daaropvolgende inperking, is bestaansjag eers tydens vlak 3 toegelaat met die publikasie van die gewysigde biodiversiteitsriglyne op 5 Junie 2020 – meer as ’n maand ná die aanvang van die jagseisoen.



OFM-nuus/Christal-Lize Muller

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.