On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Shandor, Margaret and John
Show Background
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Rosyntjiebedryf gaan van krag tot krag

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:44 Mon, 17 Aug 2020

Landbounuus-podcast: Rosyntjiebedryf gaan van krag tot krag | News Article

Ekonomieë oor die wêreld heen lei steeds swaar onder die Covid-19-pandemie. Daar is egter goeie nuus uit die Noord-Kaap, wat die grootste rosynproduserende gebied in die land is.


Dié bedryf gaan vankrag tot krag met, 'n toename in die vraag na dié heerlike gedroogte druiwe oor die wêreld heen. Ferdie Botha, algemene bestuurder van Raisins SA, sê tydens dié tydperk het verskepingsvolume op 'n jaar-tot-jaar grondslag na die plaaslike bedryf se grootste internasionale markte, 'n toename getoon. Volgens Botha kan die toename in die vraag na rosyne toegeskryf word aan verbruikers wat terugkeer na die verbruik van noodsaaklike produkte.  Dit sluit in produkte soos rosyne wat 'n langer rakleeftyd het, nie-bederfbaar is, en waarde vir geld aan verbruikers bied. Dit is ook 'n gesonde produk, sê hy.

EN

Johan Hoffman, ‘n bekende merino teler van die plaas Vlaklaagte naby Bothaville in die Vrystaat, is baie opgewonde oor Majobe Merinos se opkomende 25ste produksieveiling. Volgens Johan doen hulle al vir 20 jaar lank presiesie-boerdery op hul skape, om sodoende die genetiese potensiaal van elke dier te verbeter. Hy sê boere kan daarna uitsien om top-ramme en ooie tydens die veiling aan te koop. Johan voeg verder by dat hulle al oor die jare heen haarwurmweerstand in hul skape ingeteel het.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.