Agriculture
Landbounuus-podcast: Boere in Potchefstroom loop deur onder veldbrande─── CHRISTAL-LIZE MULLER 11:53 Tue, 18 Aug 2020
Boere in die Potchefstroom-distrik en in nabygeleë gebiede loop sedert Saterdag deur onder verwoestende veldbrande.
Honderde hektare natuurlik veld is al uitgewis. Dit kom nadat verskeie brande Saterdag in sterk windetoestande in die New Machavie, en Welgevonden gebied buite dié stad in die rigting van Stilfontein uitgebreek het. Grond wat aan die Barolong-gemeenskap behoort het ook in die slag gebly. Boere met brandtoerusting het verbete teen die brande geveg. Working on Fire (WOF) het ook lugondersteuning gebied en water is vanuit 'n vliegtuig oor dié gebied gespuit. Dié brande is onder beheer gebring, maar gister het nog 'n brand in dieselfde gebied uitgebreek. Boere was teen laat gistermiddag nog op soek na van hul vee, wat moontlik die vlamme vrygespring het. Dit is in die stadium onbekend wat die omvang van die skade is. Skakel later vandag in op OFM-nuus se landbounuusbulletin om 13:30 wanner Kobus Roux, voorsitter van die Potchefstroomse brandbestrydingsvereniging meer inligting rondom dié situasie verskaf.
EN
‘n Bekende in wapen-kringe, Zane Koeberg - van Koeberg Firearm Solutions in Bloemfontein, sê met die dat interprovinsiale reise onder vlak twee van die nasionale Covid-19 inperking nou toegelaat word, moet jagters kennis neem van die volgende maatreëls wanneer hulle gaan jag. Hy sê dit is belangrik dat jagters te alle tye hul lisensies by hulle het – ingeval daar byvoorbeeld ‘n padblokade is en daar van hulle verwag word om hul lisensie te toon.
OFM-nuus
