On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Brande rig groot skade in NW aan

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:36 Tue, 18 Aug 2020

Landbounuus-podcast: Brande rig groot skade in NW aan | News Article

Drie groot brande in verskeie gebiede in die Potchefstroom-distrik het sedert Saterdag verwoesting gesaai.


Dr. Kobus Roux, voorsitter van die Potchefstroomse Brandbestrydingsvereniging, sê na raming het altesaam 12 000 hektaar grasveld afgebrand. Sover bekend is niemand ernstig beseer nie. Volgens hom is daar ook nie 'n groot getal vee wat in die slag gebly het nie. Hy meen sowat 1 500 boere en hul plaaswerkers met vuurvegters en brandbestrydingstoerusting was betrokke by die drie onderskeie brande. Die Potchefstroom-distrik se drie Working on Fire-brandspanne het ook gehelp. Roux sê 'n brand het Saterdag in die New Machavie gebied langs die N12 tussen Potchefstroom en Klerksdorp begin en in die rigting van die Vaalrivier gewoed. Hy sê boere in dié gebied het groot verliese gelei met skape wat van kant gemaak moes word weens brandwonde. 'n Boer in dié gebied het aan OFM-nuus vertel dat volstruise nie 'n vlammedood kon vryspring nie. Sy buurman se pakhuis het ook in die slag gebly. Roux sê boere se skade is groot. In nog 'n brand wat ontstaan het buite Potchefstroom by die Carletonville-pad, is bykans 2000 hektaar grasveld verwoes. Roux sê die brand het vermoedelik begin by 'n asgat wat aan die brand gesteek is. In nog 'n brand wat Saterdag op die N12 buite die stad in die rigting van Johannesburg gewoed het, is sowat 8 000 hektaar weiveld verwoes.

Die landskap van die wynbedryf in geheel sien nie rooskleurigdaarna uit nie. Dit is volgens Maryna Calow, kommunikasiebestuurder van Winesof South Africa,  nadat die verbod op die handel van drank weens dieCovid-19-pandemie, nou deur die regering tydens vlak twee van dieinperking opgehef is.  Sy sê daar is groot werksverliese in diewaardeketting en produsente is op hul knieë. Volgens haar word die bedryf in die Noord-Kaap,waar wyn ook geproduseer word, negatief geraak en droogtetoestande indié provinsie, sowel as in die Wes-Kaap wat die land se grootstewynproduserende gebied is, het ook 'n groot negatiewe invloed op wynproduksiedie afgelope paar jaar gehad. 

EN

Daarmee saam sê Agri Wes-Kaap se Jannie Strydom daar is hoop dat die wynbedryf nou kan begin herstel, nadat die verbod op die handel van drank weens die Covid-19-inperkingsregulasies opgehef is. Strydom sê daarmee saam is daar hoop dat die regering vir die duur van sy bestuursproses van die Covid-19-pandemie, nie weer soortgelyke regulasies, wat ‘n totale bedryf kan lamlê, in plek sal stel nie. Hy sê afgesien van die totale wynwaardeketting wat as gevolg van die alkoholverbod enorme skade gely het, is die verskuiwing van 2019 se moutgars-oes uit silos nie op skedule nie en kan daar moontlik uitdagings wees om plek vir die 2020 oes te maak.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.