On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

#Luister: Nicol Jansen met nuutste oor NK-droogte

───   11:26 Thu, 20 Aug 2020

#Luister: Nicol Jansen met nuutste oor NK-droogte | News Article

Soos oudergewoonte op 'n Donderdag praat ons met Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, oor die droogtesituasie in die Noord-Kaap en droogtehulp wat aan boere in dié provinsie verleen word.


Agri Noord-Kaap het 'n beroep om buurprovinsies gedoen ten opsigte van droogtehulp sienende dat die situasie ten opsigte van droogtetoestande nog in sekere gebiede in die provinsie nog geensins sy einde bereik het nie.

Jansen vertel wat die situasie op grondvlak is asook hoe die instelling van vlak 2 van die Covid-19-inperkingsregulasies die Noord-Kaap raak.

OFM moedig luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte, wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun.

OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Boere Droogtehulp SA, Agri SA asook Agri Noord-Kaap, is op hierdie OFM-blad beskikbaar.

Vir die jongste nuus volg die hutsmerk #LandbouHoop.


Podcasts

#Luister: Nicol Jansen met jonste oor NK-droogte:

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.