On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings OFM
Show Background
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Michael
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Potchefstroom boer geskiet

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:41 Mon, 24 Aug 2020

Landbounuus-podcast: Potchefstroom boer geskiet | News Article

Die polisie in Potchefstroom doen 'n geregtelike doodsondersoek, nadat 'n plaaslike boer geskiet is waarna sy aanvaller noodlottig gewond is.


Polisiewoordvoerder, Amanda Funani, sê 'n klag van die besit van 'n onwettige vuurwapen word ook ondersoek. Sy sê die 21-jarige aanvaller, Koane Potlaki, wat op borgtog vrygelaat is en vandeesweek na verwagting in die plaaslike landdroshof sou verskyn in verband met 'n voorval van huisroof verlede jaar op 'n ander plaas in die gebied, is op die toneel dood. Die boer, Hennie Niemand, is Vrydagmiddag deur 'n plaaswerker ontbied nadat werkers elders op die plaas vermoedelik deur Potlaki oorval en gedwing is om Niemand daarheen te lok. Funani sê Niemand is toe na bewering deur Potlaki gewond en na 'n plaaslike hospitaal vervoer nadat hy sy pa gebel het om hulp. Woordvoerder van die Mediclinic Potchefstroom Diana King sê Niemand is in 'n stabiele toestand en ontvang steeds behandeling in dié hospitaal se waakeenheid.


EN


Feed Navigator berig dat daar as gevolg van Covid-19, tans baie onsekerheid heers oor die toekomstige wereldwye vraag na voer. Die wydverspreide inperkings, sosiale afstandmaatreels en marksluitings lei tot ‘n groot afname in die verkope van voedseldienste en ‘n verlaagde vraag na vleis. Daar word ook voorspel dat internasionale voorrade in die toekoms effens sal daal met addisionele onttrekkings in die VSA wat die aanvullings in China en Brasilie sal oorskry.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.