On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Aanvallers glo verbind met nóg 'n rooftog op NW-plaas

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:34 Wed, 26 Aug 2020

Landbounuus-podcast:  Aanvallers glo verbind met nóg 'n rooftog op NW-plaas | News Article

Dieselfde groep aanvallers wat vermoedelik betrokke was by 'n skietvoorval op 'n plaas by Rysmierbult in die Potchefstroom-distrik, word met nóg 'n rooftog verbind.


Polisiewoordvoerder, Adèle Myburgh, sê drie mans is steeds soek nadat hulle Dinsdagmiddag 'n 54-jarige boer op sy plaas in dié distrik herhaaldelik geskiet het. Myburgh sê dié boer se tuinwerker is aanvanklik deur die mans, waarvan een gewapen was, oorval en vasgebind. Hy is by sy huis ingedwing. Die tuinwerker het egter hard geskree, waarna die boer, wat ook gewapen was, ondersoek gaan instel het. Toe hy buite sy werknemer se huis op sy plaas kom, het hy na hom geroep, waarna die aanvallers uitgekom en op die boer losgetrek het. Myburgh sê die boer is tien keer in albei sy bene gewond. Hy is ook in die voet geskiet en sy hoofslagaar in sy been is getref. Die aanvallers het op die vlug geslaan. Boere, nooddienste en die polisie was vinnig op die toneel. Myburgh sê paaie in die gebied is deur boere afgesper, waartydens daarop 'n verdagte man langs die pad afgekom is. Sy sê dié 34-jarige man is glo deur die rowers in 'n voertuig ingedwing en van sy geld beroof. Hy is daarna in die gebied, waar boere hom gekry het, deur die rowers afgelaai. Die boer word in 'n plaaslike hospitaal behandel. 

Die Nasionale Raad van Dierebeskermingsverenigings (NDBV) is diep teleurgesteld in die hooggeregshof in Grahamstad, oftewel Makhanda, se uitspraak wat ten gunste van die uitvoer van lewende skape per skip na die Midde-Ooste is. Die NDBV se Marcelle Meredith, sê daar sal nog besluit word wat hulle volgende stap in dié verband is. Intussen verwelkom Agri Oos-Kaap dié hofbevel waarin die NDBV die maatskappye, Al Mawashi, en die Livestock Transport and Trading Company wou verhoed om lewende skape uit te voer. Doug Stern, president van Agri Oos-Kaap, sê sowat 56 000 skape kan egter nou weens die hofbevel vanaf 'n voerkraal in Berlin in dié provinsie vervoer word, en op die Al Messilah-skip, wat in die Oos-Londense hawe vasgemeer is, gelaai word. Hy sê produsente is nou redelik keelvol vir  die NDBV. Stern sê die DBV moet hom eerder toespits op die belange van mak diere en meer begin deelneem aan hofgedinge waar diere wreed tydens veediefstalvoorvalle geslag word.  

EN

Daarmee saam sê die organisasie vir opkomende rooivleisprodusente, NERPO, die uitvoer van lewende hawe kan nie gestop word nie. Aggrey  Mahanjana, groepbestuurder van NERPO, sê dié organisasie ondersteun die uitvoer van lewende diere maar dit moet aan streng riglyne en vereistes, wat reeds in plek is, voldoen.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.