On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Eienaar sterk goed aan na aanval op hoewe

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:05 Thu, 27 Aug 2020

Landbounuus-podcast: Eienaar sterk goed aan na aanval op hoewe | News Article

Dit gaan "wonderbaarlik" goed met die 54-jarige André Marais, 'n sakeman van Potchefstroom, wat láát Dinsdagmiddag op sy kleinhoewe in die Muiskraal-gebied by dié stad herhaaldelik geskiet is.


André is steeds in die hoësorgeenheid in 'n plaaslike hospitaal. Sy vrou Elsie, sê sy dokter is tevrede met sy vordering en hy is vir nou buite gevaar. Volgens die polisie is André tien keer in albei bene geskiet, nadat drie mans laatmiddag die Marais se tuinwerker by sy huis, wat nie ver van sy werkgewer se huis geleë is nie, oorval en vasgebind het. Een van die mans was gewapen. Elsie sê sy en André het by die huis aangekom en opgemerk dat hulle hond in die rigting van hul tuinwerker se huis geblaf het.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, gee vandeesweek weer 'n positiewe markverslag met pryse van lewende diere wat steeds styg. Volgens Derksen het speenkalwers op die plaaslike veilings, onder 200kg teen R37,23 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R35,98 en speenkalwers oor 250kg het teen R33,05 per kg verkoop. Die prys van speenkalwers verlede week was soos volg: kalwers  onder 200 kg het  teen R36,85 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R35,22 en speenkalwers oor 250 kg het teen R31,89 per kg verkoop.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.