On Now
Weekdays 22:00 - 23:59
Overnight OFM
Show Background
NEXT: N/A N/A with N/A
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Inhegtenisname van vermeende Muiskraal-aanvallers verwelkom

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 12:10 Fri, 28 Aug 2020

Landbounuus-podcast: Inhegtenisname van vermeende Muiskraal-aanvallers verwelkom | News Article

Die polisie in Noordwes se goeie opvolgwerk, wat gelei het tot die inhegtenisneming van ses verdagtes in verband met 'n aanval op 'n sakeman van Potchefstroom op sy kleinhoewe in die Muiskraal-gebied, word wyd verwelkom.


André Marais is Dinsdagmiddag tien keer geskiet en het wonderbaarlik oorleef. Dit kom nadat hy na sy tuinwerker se sinkhuis is, toe sy hond baie geblaf het. Marais se tuinwerker het ook geskree, terwyl hy deur 'n groep aanvallers by sy huis oorval is. Die 68-jarige tuinwerker is vasgebind en in sy huis ingedwing. Een van die gewapende aanvallers het op Marais losgebrand toe Marais buite sy tuinwerker se huis na hom geroep het. Polisiewoordvoerder, Adele Myburgh, sê vier verdagtes is Donderdagoggend vroeg tydens 'n geïntegreerde operasie deur die polisie by Carletonville aangekeer.

Sy sê nog 'n verdagte is in Oos-Driefontein vasgetrek, terwyl 'n 34-jarige man op 'n plaas in die Muiskraal-gebied aangekeer is. Myburgh sê dié 34-jarige man het hom aanvanklik voorgedoen as 'n slagoffer van dieselfde groep verdagtes wat vermoedelik by dié Marais-aanval betrokke was. Dieselfde man is op die dag van die aanval deur boere van die distrik langs die pad voorgekeer.

Volgens Myburg was die sogenaamde slagoffer egter deel van die groep aanvallers en 'n motor wat vermoedelik tydens die aanval gebruik is, is in sy besit gevind. Hy word aangekla van meineed. Al ses verdagtes sal na verwagting vandag in die Carletonville-landdroshof verskyn vir die besit van 'n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie. Hulle sal na verwagting ook Maandag in die landdroshof in Ventersdorp verskyn op 'n aanklagte van poging tot moord.




OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.