On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Motorfietsryers onderneem rit teen plaasaanvalle

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:46 Mon, 31 Aug 2020

Landbounuus-podcast: Motorfietsryers onderneem rit teen plaasaanvalle  | News Article

Gemeenskappe se antagonisme jeens plaasaanvalle en voorvalle van ersntige geweld is duidelik, nadat duisende motorfietsryers die afgelope naweek in stede 'n rit daarteen onderneem het.


Die gemeenskap van motorfietsryers was byeen om hul ontevredenheid met plaasmoorde en geweld in die land te toon. Vrystaat Landbou (VL) is dankbaar vir elke motorfietryer en ander betrokkenes, wat aan dié bewusmakingsveldtog deelgeneem het. Die president van VL, Francois Wilken, sê met dié insiatief lewer motorfietryers 'n waardevolle bydrae om dié euwel, wat in baie opsigte deur sommige politici en hul ondersteuners ontken is en steeds word, weer op die voorgrond te plaas. Bykans 'n duisend motorfietsryers het Saterdag ook in Langenhovenpark in Bloemfontein saamgetrek en daarna 'n rit na Hinterland in die stad onderneem. Motorfietsryers het ook Saterdag om 12:00 oor die land heen gebid. Piet van den Berg, 'n sakeman van Bloemfontein, het aan dié plaaslike optog deelgeneem.

EN

Op dieselfde dag wat motorfietsryers oor die land heen byeen was teen plaasaanvalle en geweld is 'n 63-jarige boer, Glen Rafferty en sy 60-jarige vrou, Vida van Normandien buite Newcastle Saterdagaand koelbloedig deur aanvallers op hul plaas doodgeskiet. Hul liggame is Sondagoggend buite hul plaashuis aangetref. Op ‘n veiligheidskamera wat die landelike paaie in die gebied monitor, kan gesien word hoe die egpaar kort voor die moord vanuit die dorp in die rigting van hul plaas ry. Nie lank na die moorde nie, kan daar weer op die kameras gesien word hoe die moordenaars in hul voertuig op ‘n ander pad van die toneel vlug. Die aanvallers het glo die veiligheidskameras by die egpaar se huis buite werking gestel. Lourie Bosman, 'n VF Plus-raadslid van die Newcastle-plaaslike munisipaliteit, sê dit is jammer dat die aanval nieteenstaande die veiligheidsmaatreëls geslaagd was. Misdaad in dié gebied is besonder hoog en die veiligheidstelsel help moontlik dat daar nie meer ernstige aanvalle voorkom nie.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.