On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vroue se rol in ekonomie vorder, sê Didiza

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:37 Tue, 01 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Vroue se rol in ekonomie vorder, sê Didiza | News Article
PHOTO: ANA

Die minister van landbou, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Thoko Didiza, glo Suid-Afrika het op talle gebiede gevorder om die posisie van vroue in die samelewing te verbeter.


Dit is egter op die gebied van die ekonomie waar die land in dié verband struikel. Didiza het Maandag Vrouemaand afgesluit met 'n webinaar waarin die bespreking gehandel het oor vroue-produsente in die landboubedryf.  Didiza het gesê in terme van vroue se rol in die ekonomie, is daar egter positiewe vordering om ekonomiese geregtigheid te beywer. Sy het verder gesê pres. Cyril Ramaphosa het toe hy sy posisie as staatshoof ingeneem het, beklemtoon dat landbou een van die sektore is wat geprioritiseer moet word om ekonomiese groei in plek te stel. Hy het toe aangekondig die regering gaan vinnig landbou-staatsgrond beskikbaar stel om die kwellende probleem rondom die ongelykhede met betrekking tot grond aan te spreek. Sy sê in terme van dié verslag, asook die vereistes wat deur Ramaphosa gestel is, het die departement onder meer 'n keuringsbeleid vir 'n grondbeleid ontwikkel. 'n Produsente-ondersteuningsmodel, asook 'n meesterplan vir landbou en landboubesigheide, is ontwikkel. Volgens Didiza is 'n meesterplan vir pluimvee en suiker, asook die ontwikkeling van 'n plan vir grondvrystelling, daargestel.

Dit is van groot belang dat boere nou fokus op die voorkoming van siektes wat deur insekte oorgedra word aan skape, veral met die reënseisoen wat voorlê. Dr. Danie Odendaal,  'n veearts en direkteur van Veearts Netwerk, sê die fokus is op dié siektes waarteen boere hul skaapkuddes betyds moet inent. Hy sê in terme van dié siektes, is Bloutong by skape 'n groot probleem. Odendaal sê as daardie grondslag gevorm is, vergemaklik dit die skraagdosis wat jaarliks toegedien word. 

 EN

Genomiese toetse kan boere nou bystaan om baie vroeg in 'n dier se leeftyd vir 'n verskeidenheid van eienskappe met hoër gehalte te identifiseer. Dit word moontlik gemaak deur Zoetis se Clarifide-portefeulje.  Dr. Chantelle Erwee van Zoetis, sê dié portefeulje sluit die basiese Clarifide-toets vir Holstein, Jersey, Guernsey en Bruin Switser-beeste in. Daar is ook die Clarifide Plus-toets wat slegs  op Holstein en Jersey beeste gemik is. Erwee sê dit help boere om hul rekordhouding te verbeter. Sy sê Clarifide Plus voeg meer waarde toe met betrekking tot die Zoetis welstandeienskappe of Wellness Traits, soos dit beter bekend is. 

OFM-nuus

 

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.