On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: 'SA nie geïsoleerd van wêreld-graanmark nie'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:24 Wed, 02 Sep 2020

Landbounuus-podcast:  'SA nie geïsoleerd van wêreld-graanmark nie' | News Article

Hoewel Suid-Afrika 'n netto uitvoerder van belangrike grane soos mielies en gars is, is die land nie geïsoleerd teen verwikkelinge in die wêreld-graanmark nie.


Dit is volgens  Wandile Sihlobo, 'n landbou-ekonoom van die Landbousakekamer, Agbiz, wat meen prysbewegings in dié kommoditeite beïnvloed wel tot 'n sekere mate die handelstoestande in die plaaslike mark. Dit kom nadat droë weerstoestande die afgelope weke gewasse in Europa bedreig het. In Amerika het erge windstorms mielies- en sojaboon-oeste  verwoes en daar was vloede in Asië. Shilobo sê al hierdie faktore het in 'n mate 'n  invloed op die globale graanmark. Hy sê daar is egter steeds positiewe vooruitsigte in die Internasionale Graanraad se verslag.  

Daarmee saam sal Statistieke Suid-Afrika (Stats SA)  na verwagting eerskomende Dinsdag data vir die tweede kwartaal van die jaar se Bruto Binnelandse Produk (BBP) bekendstel. Die werklike prentjie rondom die landbou-situasie in Suid-Afrika sal dan eers duidelik wees.  Ekonome is egter optimisties oor groei in dié bedryf. Dit is aanduidend in hoër-frekwensie data van plaasvlak soos produksiesyfers en pryse.  Die landbousektor in Suid-Afrika het vanjaar 'n goeie begin gehad met die eerste kwartaal se bruto toegevoegde waarde, wat met 27,8%  op 'n kwartaalikse grondslag toegeneem het.  Voorspellings het toé daarop gedui dat daaropvolgende kwartale waarskynlik steeds sterk groei sal toon. Landbou-ekonome soos Wandile Sihlobo van die Landbousakekamer, Agbiz, meen dit is steeds die algehele verwagting. 

EN

Graan SA het aangekondig dat die uitverkoop-borde vir die Nampovirtuele handelskou opgehang is. Toit Wessels van GSA sê al drie virtuele sale is uitverkoop. Volgens hom sal die land se voorste landbouverskaffers in dié drie virtuele sale te siene wees. Elkev irtuele stalletjie het ‘n webinaar-program vir besoekers, ‘n kletskamer, en verskeie aflaai-lêers met brosjures en ander inligting. Daar is geen toegangsfooi om deel te wees van dié aanlyn ervaring nie. Besoekers kan registreer by www.nampovirtual.co.za.

OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.