Agriculture
Landbounuus-podcast: Agri SA verwelkom regering se bespreking oor plaasmoorde─── CHRISTAL-LIZE MULLER 12:09 Thu, 03 Sep 2020
Agri SA is positief oor die verandering wat nou ervaar word ten opsigte van landelike veiligheid in die land.
Dié organisasie waarsku egter dat gemeenskappe in dié verband nie hul hoop op 'n onmiddellike verandering moet vestig nie. Hulle moet steeds waaksaam wees op plase en hulself voorberei op moontlike aanvalle of misdrywe. Dit, volgens Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid, landelike veiligheid, en kom nadat politici hulself vandeesweek in die Parlement sterk teen moorde en aanvalle op plase en kleinhoewes uitgespreek het.
EN
'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, sê daar is talle positiewe aspekte wat nou hoop bring in die bedryf. Dit sluit die toewyding deur voerkrale in, wat daartoe gelei het dat daar 'n goeie uitvoermark in die stadium is. As die plaaslike situasie met dié in Afrika vergelyk word, sien dit goed daarna uit, want daar is Afrika-lande wat vee beskikbaar het vir uitvoerdoeleindes, maar daar is 'n gebrek aan toewyding en dissipline om die uitvoermark te betree. Die pryse van lewende hawe styg ook steeds oor 'n wye spektrum, wat goeie nuus is vir verkopers. Volgens Derksen het speenkalwers, onder 200kg teen R37,85 per kg verkoop. Speenkalwers tussen 200kg en 250kg het teen R35,98 en speenkalwers oor 250kg het teen R33,15 per kg verkoop.
OFMnuus
