Agriculture
Landbounuus-podcast: 'Veroordeling van aanvalle bemoedigend'─── CHRISTAL-LIZE MULLER 13:19 Thu, 03 Sep 2020
Agri SA is opgewonde oor die golf van die veroordeling van aanvalle op plase en kleinhoewes, veral op regeringsvlak, wat nou oor die land spoel.
Tommie Esterhuyse, voorsitter van Agri SA se Sentrum van Uitnemendheid vir landelike veiligheid, sê dit is positief vir landbou dat erkenning in dié geledere, asook in die Parlement, aan die probleem van landelike veiligheid, gegee word. Hy sê boere moet egter nie hul hoop vestig op onmiddellike veranderinge nie, maar daar word egter in 'n kleiner mate wel vordering gemaak met die nuwe hersiende landelike beveiligingsplan. Esterhuyse se reaksie kom nadat adjunk-pesident, David Mabuza, en ook Tina Joemat-Pettersson, voorsitter van die portfeuljekomitee vir polisie, hulle onder meer teen aanvalle op plase en kleinhoewes uitgespreek het. Joemat-Pettersson het onder meer aangevoer dat landelike veiligheid dieselfde aandag as geslag- en gesinsgeweld moet geniet. Hy sê dit is baie bemoedigend dat dié uitsprake nou gemaak word.
Intussen word die departement van vervoer se direktief, wat bepaal dat private voertuie kan voortgaan om passasiers te vervoer volgens hul voertuie se gelisensieërde vermoë, in landbougeledere verwelkom. Dit kom nadat die regulasie sedert die begin van die Covid-19-inperkingstydperk bepaal het dat ‘n voertuig slegs 60% gelaai mag wees. Jannie Strydom, uitvoerende hoof van Agri Wes-Kaap, sê dit is goeie nuus vir die landboubedryf, veral omdat produsente in arbeidsintensiewe landboubedrywe, soos die vrugte-, tafeldruiwe- en sitrusbedrywe, nou kan voortgaan om hul werkers te vervoer. Hy sê in die afgelope vyf maande het dit produsente duisende rande per dag gekos aan vervoeruitgawes wat tot 200% per dag gestyg het.
EN
Graan SA se eerste Nampo Virtuele- landbouskou kruip nader. Toit Wessels, assistent-bestuurder van bemarking by Graan SA en Nampo, sê besoekers kan uitsien na dié aanlynervaring met 'n propvol program, veral met betrekking tot die landbou in mosie konferensiemodules. Plek vir uitstallers in die virutele ekspo met drie virtuele sale vol landbouverskaffers is uitverkoop. Wessels moedig besoekers aan om gratis aanlyn by www.nampovirtual.co.za te registreer.
OFM-nuus
