On Now
Weekdays 19:00 - 22:00
OFM Nights Ashmund
Show Background
NEXT: 22:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Trekkerverkope vanjaar 3% laer

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:32 Fri, 04 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Trekkerverkope vanjaar 3% laer | News Article
Foto: OFM-nuus

Slegs een trekker-eenheid meer, teenoor die ooreenstemmende maand verlede jaar is vanjaar in Augustus verkoop.


Dit is deel van die altesaam  438 eenhede wat verlede maand verkoop is. Jim Rankin van die Suid-Afrikaanse Landboumasjinerievereniging, sê trekkerverkope sover vanjaar is 3% minder as verkope die vorige ooreenstemmende tydperk.   In Augustus is 13 stropers verkoop, terwyl geen stropers verlede jaar in Augustus verkoop is nie.   Hy sê sover vanjaar is stroperverkope 18% meer as verkope die ooreenstemmende tydperk verlede jaar. Rankin sê hoewel daar gehalteprobleme was met sekere van die somergewasse weens laat reën, was opbrengste oor die algemeen goed.   Dít, tesame met die goeie vooruitsigte vir die winteroes, asook bemoedigende ramings vir die komende somergewasseisoen, dra by tot 'n positiewe algehele sentiment in die landboumasjineriebedryf.   Dié tendens sal waarskynlik volgehou word oor die korter termyn. Hy meen toekomstige vlakke van verkope sal egter beïnvloed word deur die beskikbaarheid van ouer voorraad teen laer pryse en die uitwerking van die wisselkoers op die prys vir toerusting.  



EN


Wim Venter van Nampo vertel van die unieke Nampo Virtueel wat volgende week gaan plaasvind. Dit sal die eerste Skou van hierdie aard vir Graan SA en Nampo wees, nadat Nampo Kaap in Bredasdorp en Nampo Bothaville afgelas is as gevolg van Covid-19.




OFM-nuus

@ 2025 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.