Agriculture
Landbounuus-podcast: Vleispryse lei tot hoër kosinflasie─── CHRISTAL-LIZE MULLER 12:31 Fri, 04 Sep 2020
Kosinflasie was die afgelope maand hoër teenoor die algemene inflasie wat 'n afname getoon het en op 'n lae vlak bly.
Die landbou-ekonoom, Kobus Laubscher, meen die prys van vleis was die dryfveer vir die toename in kosinflasie. Hy sê die stand van sake kan 'n vraag by verbruikers laat ontstaan oor hoekom styg kosinflasie as die land dan pas uit 'n streng grendeltydperk kom weens die Covid-19-pandemie, toe daar 'n verminderde vraag was. Hy meen dit is 'n raaisel hoekom kospryse gestyg het, maar dit kan moontlik toegeskryf word aan die koste van toegevoegde dienste. Hy sê dit moet verstaan word dat 'n verbruiker 'n prys betaal vir 'n bepaalde produk, maar die plaaswaarde vir die produk word bereken en die verskil tussen dié twee pryse is die bemarkingsmarge.
Daar was 'n daling in die Suid-Afrikaanse wolmark met die Cape Wools merino-aanwyser wat met 9,9% afgeneem en teen 'n skoonprys van R118,58 per kg gesluit het teenoor die vorige nasionale veiling. Dit kom nadat die derde nasionale wolveiling in Port Elizabeth vir die 2020/21-seisoen weer hervat het nadat daar die vorige week 'n onderbreking in die veilingskalender was. Luidens Cape Wools SA se wolmarkverslag is 638 bale van die 10 152 bale, wat op die onlangse veiling aangebied is, voor dié veiling onttrek. 'n Verdere 715 bale is tydens die veiling weens negatiewe marksentiment in Australië onttrek. Die Australiese mark het onderskeidelik 1,7% en 7,6% in die afgelope twee weke afgeneem. Goeie mededinging het vir langer tipes fynwol geheers.
EN
Daarmee saam sê die bestuurder van spesiale dienste van vesel by OVK, Heindrich Victor, die daling in die Suid-Afrikaanse wolmark tydens die mees onlangse nasionale wolveiling, kan toegeskryf word aan die voortdurende onsekerheid in wêreldmarkte. Victor meen dié onsekerhied het die plaaslike mark 'n groot slag toegedien en dit kan egter nog vir 'n geruime tyd voortduur.
OFM-nuus
