On Now
Weekdays 06:00 - 09:00
The Good Morning Breakfast Gerben and Anny
NEXT: 09:00 - 12:00 Mid-Morning Magic with Yolanda
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Georganiseerde strukture belangriker as ooit tevore - Jansen

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:34 Tue, 08 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Georganiseerde strukture belangriker as ooit tevore - Jansen  | News Article
Agri Noord-Kaap President Nicol Jansen/Foto: Verskaf

Die rol van 'n georganiseerde struktuur in landbou is nou meer as ooit tevore van groot waarde.


Dit is noodsaaklik vir boere om deel daarvan te wees. So meen Nicol Jansen, president van Agri Noord-Kaap, wat glo dié organisasie en sy grondvlakstruktuur bied aan boere 'n idiale  platform.  Dit is veral van belang, omdat enkelinge in die bedryf voorheen hoofsaaklik benadeel is deur politici, swak dienslewering deur die openbare sektor en politieke retoriek.

EN

'n Groep ywerige vroue van die Suidwes Roggeveld-landbouvereniging by Middelpos in die Noord-Kaap bak heerlike koekies dat dit bars. Dit is deel van die  Hartklop Hoop koekie-projek wat van stapel gestuur is om aan boere, wat swaartrek weens die voortslepende droogte,  se vroue die geleentheid te gee om 'n inkomste te verdien. Terselfdertyd word van die geld wat verdien word deur die koekieverkope in 'n fonds geplaas. Dit word weer aangewend om veevoer aan te koop v of selfs geld vir veevoer aan boere te verskaf.  Gemeenskappe word ook gehelp daardeur met verskeie projekte wat befonds word.   Estelle Steenkamp, wat aan stuur is van dié projek, sê hulle was verlede  jaar verbaas oor die positiewe reaksie van Suid-Afrikaners oor dié projek.  Die Covid-19-staat van inperking het egter 'n demper daarop geplaas maar die projek, is weer volstoom aan die gang en smullekker koekies word gebak en verkoop.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.