On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: 'Landbou het rede om positief te wees'

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:19 Tue, 08 Sep 2020

Landbounuus-podcast: 'Landbou het rede om positief te wees' | News Article

Die landboubedryf was 'n baken van stabiliteit en vooruitgang tydens die Covid-19-inperkingstydperk.


Dít is volgens Max du Preez, 'n politieke ontleder, wat meen die pandemie en die regulasies wat in plek gestel is, was in 'n mate goed vir landbou gewees. Hy meen die gesloer met grondonteiening sonder vergoeding, en 'n nuwe bewussyn in regeringskringe oor landelike veiligheid, is 'n bron van hoop vir die landboubedryf - en daar is rede om positief te wees. Du Preez meen mense moet vir eers die grondonteieningskwessie begrawe, omdat hy glo die regering nie  enigiets gaan doen om dié bedryf te ontwrig nie - omdat dit selfmoord sal wees in terme van die land se ekonomie. Hy meen grondonteiening sonder vergoeding is 'n lang proses, waarin die groot hoeveelheid plase wat deur die staat besit word, eers verdeel moet word.

Die Departement van Landbou en Landelike Ontwikkeling gaan die vleis van meer as 30 beeste aan die Departement van Sosiale Ontwikkeling in Noord-Wes se voedselhulpprogram skenk. Emelda Setlhako, woordvoerder van die landboudepartement, sê 31 beeste gaan geslag word en dié vleis sal aan behoeftige mense geskenk word wat swaartrek weens die Covid-19-pandemie. Sy sê huishoudings wat hulp gaan ontvang, is alreeds geïdentifiseer. Die oorhandigingsgeleentheid van dié skenking vind eerskomende Donderdag by die Potchefstroomse Landboukollege plaas.

EN

Graan SA se lang verwagte Nampo virtuele landbou-ekspo en konferensie is hier. Toit Wessels, assistentbestuurder van bemarking by GSA en Nampo, sê meer as 'n honderd verskaffers is vanjaar betrokke. Daar is 'n verskeidenheid webinaars deur uitstallers, asook paneelbesprekings. Hy sê die Nampo-oesdag, wat Woensdag begin en tot Saterdag duur, bied aan boere, produsente, asook die groter landboubedryf die geleentheid om van waar ook al by die aanlynplatform aan te sluit. Hy sê selfs die gewilde Boerepatente-kompetisie word weer vanjaar aangebied. Besoekers kan dié totale virtuele Nampo-ervaring gratis geniet. Besoek nampovirtual.co.za vir die volledige konferensie- en vermaakprogramme asook 'n uitstallerslys wat virtueel besoek kan word.



OMF-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.