On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki and JayBee
Show Background
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Landbou enigste positiewe bydraer tot BBP

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:55 Wed, 09 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Landbou enigste positiewe bydraer tot BBP | News Article

Die landboubedryf is die enigste sektor in Suid-Afrika wat in die tweede kwartaal van die jaar met 'n 0,3% persentasiepunt 'n positiewe bydraer tot die land se algehele Bruto Binnelandse Produk (BBP) was.


Landbou het in dié  kwartaal 'n indrukwekkende groeikoers van 15% behaal. Dit kom nadat Statistieke Suid-Afrika (StatsSA) die BBP van landbou in die eerste kwartaal van die jaar van 27,8% na 28,6 hersien het. Paul Makube, 'n senior landbou-ekonoom by FNB Agri-Besigheid, sê die sterk groeikoers in die tweede kwartaal is ondersteun deur die verhoogde produksie in akker- en tuinbougewasse, asook diereprodukte. Hy meen 'n kombinasie van 'n goeie oes, 'n relatiewe swakker wisselkoers en 'n sterk uitvoervraag het tuinbou se bydrae tot die groei in landbou bevorder.  Volgens hom staan die land se verwagte totale produksie van graan en oliesade in die 2020/21-seisoen op 17,85 miljoen ton, wat steeds een van die grootste oeste tot dusver vir Suid-Afrika is.

Daarmee saam het Christo van der Rheede, adjunk uitvoerende direkteur van Agri SA, die landboubedryf se 15,1% groei in die tweede kwartaal van die jaar verwelkom. Hy meen  Statistieke Suid-Afrika (Stats SA) se syfers vir die  Bruto Binnelandse Produk (BBP) beklemtoon opnuut die belangrike rol wat landbou in die land se ekonomie speel.  Van der Rheede sê dié bedryf was gelukkig in die sin dat dit as 'n noodsaaklike diens tydens die Covid-19-inperkingstyd geklassifiseer is. Dit het bygedra tot 'n versterking van voedselsekerheid in die land. Dié strenger inperkingsregulasies het verskeie betrokkenes in bedrywe gedwing om onder uitdagende toestande saam te werk. Landbou was geslaagd in dié opsig, danksy gesamentlike pogings en konstruktiewe skakeling met die regering. Daarom behoort dié bedryf erkenning te kry vir sy vermoë en toleransie om die enigste sektor in die Suid-Afrikaanse ekonomie te wees wat tydens die inperkingstydperk positiewe groeisyfers kon toon.

EN

Intussen sê die politieke ontleder, Max du Preez, dit is nou 'n goeie tyd om in die landboubedryf betrokke te wees. Hy meen die Covid-19-pandemie was in 'n sin  goed vir dié bedryf, omdat  dit die land se ekonomie aan die gang gehou het. Kos is geproduseer.  Landbou was 'n baken van stabiliteit en voortuitgang in dié tydperk,  hoewel van die landboubedrywe soos die wynbedryf swaargetrek het. Hy sê landbou is waardevol vir die land se ekonomie en dit is nou weer duidelik met die BBP-syfers.  Daar is hoop ondanks aspekte soos korrupsie op regeringsvlak.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.