On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Graan SA in sy noppies met Nampo Virtuele-landbouskou

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 11:49 Thu, 10 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Graan SA in sy noppies met Nampo Virtuele-landbouskou | News Article

Graan SA (GSA) is heel in sy noppies met die verloop van die eerste dag van die Nampo Virtuele-landbouskou, wat Woensdag begin het en tot Saterdag duur.


Toit Wessels, assistent bestuurder van bemarking by GSA en Nampo, sê die eerste dag van dié aanlynervaring het met stampe en stote begin, met 'n kragonderbreking, maar dit het later vlot verloop. Hy sê dit is maar 'n leerproses waarop GSA net kan verbeter.  Wessels sê hulle is baie tevrede in dié stadium en sowat 6000 mense het dié aanlynplatform Woensdag besoek. Hy sê bykans 14 000 mense het dié webblad die afgelope sewe dae besoek. Wessels sê van die land se voorste landbouverskaffers is in drie virtuele sale te sien en elke virtuele stalletjie het 'n webinaar-program.  Die digtitale televisiekanaal geniet ook aftrek.  Hy moedig mense aan om gratis te registeer op nampovirtual.co.za sodat hulle  'n Nampo-aanlynervaring uit die boonste rakke kan geniet.  Die wenners van die immergewilde Boerepatente kompetisie word later vandag aangekondig. Deelnemers se video's van hul interessante patente is ook op die webtuiste beskikbaar.

EN

'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen, sê dit is goeie nuus dat die openbare siening oor die belang van landbou en die status van die bedryf verbeter het.  Boere as kosverskaffers kry nou erkenning en die gehalte van boere in die land wat kos voorsien is 'n reuse-komplement vir hulle.  Hy meen die veilingspryse vandeesweek is sekerlik van die hoogste, wat hy in die afgelope vier jaar waargeneem het. Speenkalwers, onder 200kg het teen R39,77 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg teen R38,25 en speenkalwers oor 250kg  teen R34,01 per kg verkoop het.




OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.