On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Ou vuurwapenlisensies dalk ongeldig

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 15:56 Thu, 10 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Ou vuurwapenlisensies dalk ongeldig | News Article

Ou vuurwapenlisensies, wat nog in die vorm van ‘n groen kaartjie uitgereik is, mag dalk ongeldig verklaar word.


Dit kom nadat ‘n brief Dinsdag deur die staatsprokureur aan die Raad van SA Jagters uitgereik is dat hulle van plan is om die hofinterdik van Junie 2009, wat die ou groen vuurwapenlisensies geldig verklaar het, wil herroep. Fred Camphor, uitvoerende hoof van SA Jagters, sê die raad het hierdie herroeping verwag en het reeds hul lede vooraf gewaarsku om die ou lisensies te vervang deur aansoek te doen vir die nuwe vuurwapenlisensies. Camphor sê die staatsprokureur voer aan dat diegene wat in besit is van ou, groen lisensies genoeg tyd gehad het om hierdie lisensies te hernu gegewe die feit dat daar reeds drie amnestietydperke verstryk het. Hy sê die huidige amnestietydperk, waarvan daar ongeveer 100 werksdae oor is, is die laaste van die drie amnestietydperke.

Intussen sê AfriForum die nuwe toedrag van sake rakende die groen vuurwapenlisensies hou verreikende gevolge vir die groot hoeveelheid houers van dié lisensies, in. Dit kom nadat SA Jagters vandeesweek ’n brief van die staatsprokureur se kantoor ontvang het, waarin hulle meegedeel is dat Bheki Cele, minister van polisie, van voorneme is om 'n tussentydse hofbevel tersyde te laat stel, rakende die  besit van groen lisensies. Marnus Kamfer, AfriForum se regs-en-risikobestuurder vir gemeenskapsveiligheid, sê indien die tussentydse hofbevel tersyde gestel word, sal die houer van ’n groen lisensie dan geag word as die houer van 'n onwettige vuurwapen. 'n Vuurwapeneienaar sal dus nie ’n geldige rede hê om in besit van die wapen te wees nie.

EN

Besoekers aan Graan SA (GSA) se Nampo Virtuele-handelskou hoef nie aan te teken as hulle reeds op dié webtuiste geregistreer het nie. Hulle teken slegs aan as hulle aan die huidige besprekings wil deelneem.  Toit Wessels, assistentbestuurder van bemarking by GSA en Nampo, sê as besoekers een keer geregistreer het en die webtuiste besoek het, is hulle reeds ingeskakel. Dit is 'n maklike proses vandaar. Hy sê as daar op 'n stalletjie in die drie verskillende, beskukbare  sale gekliek word, sal 'n reghoek onderaan die blad verskyn. Daar moet dan op dié reghoek gekliek word. Daar sal dan drie of vier skakels verskyn waarop gekliek kan word om te sien wat 'n betrokke stalletjie bied. Wessels sê die eerste dag van die Nampo Virtuele-landbouskou, wat Woensdag begin het en tot Saterdag duur, het goed afgeloop. Sowat 6000 mense het dié aanlynplatform Woensdag besoek. Bykans 14 000 mense was ook op  dié webblad die afgelope week. Daarmee saam het sowat 5 500 mense die televisiekanale besoek. Besoek nampovirtual.co.za om deel te wees van dié aanlynplatform.



OFM-nuus


@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.