On Now
Weekdays 15:00 - 18:00
The Joyride Nico, Nikki, Kayla and JayBee
NEXT: 18:00 - 19:00 OFM Business Hour with Olebogeng
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Ekonoom meen SA-ekonomie ly onder regering

───   CHRISTAL-LIZE MULLER 13:49 Fri, 11 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Ekonoom meen SA-ekonomie ly onder regering | News Article

Dit is belangrik dat mense op individuele vlak besef Suid-Afrika het 'n destruktiewe regering, wat die land ongekende skade aandoen.


Dit is luidens Dawie Roodt, 'n senior ekonoom van die Efficient Groep, wat sê die publiek het sekere regte en daar is praktiese oplossings tot hul beskikking teen dié aanvalle van die Suid-Afrikaanse regering, wat steeds ideologies onseker is. Roodt was 'n gespreksleier op 'n paneelbespreking oor die politieke situasie en die inlvoed daarvan op die ekonomie  as deel van die Nampo Virtuele-handelskou se program. Hy sê die ekonomie ly onder die regering se onsekerheid, terwyl mense se regte vertrap word, veral die reg op die beskerming van private eiendoms.

Die immergewilde boereplanne-kompetisie was vanjaar op die Nampo Virtuele-handelskou weer baie gewild. Toit Wessels, assistentbestuurder van bemarking en Nampo by Graan SA (GSA), sê dié kompetisie het groot aftrek geniet ondanks die virtuele aanbieding daarvan waar deelnemers video's moes instuur van hul patente wat hulle vervaardig het. Twee Vrystaatse boere het vanjaar uitgeblink in dié kompetisie. Michris Janse van Rensburg, 'n boer van Bultfontein se pampoenplanter het in die afdeling vir planne met 'n vervaardigingswaarde van meer as R5000 gewen, terwyl Jakkals Le Roux,  'n boer van Wesselsbron in die Vrystaat en voorsitter van Vrystaat Landbou (VL) se landelike veiligheidskomitee, 'n spesiale eerbewys ontvang het vir sy ontwerp van 'n plaat sny- en buigmasjien. Bertus Goosen, 'n boer van Botswana, se mikrobesproeiing paaltjieplanter was die wenner in die afdeling vir planne met 'n verwaardigingswaarde van minder as R5000.

EN

Daarmee saam sê Michris Janse van Rensburg, wie se pampoenplanter vanjaar op die Nampo Virtuele-handelskou uitgeblink het, dit was vir hom lekker om met die louere weg te stap. Janse van Rensburg, 'n boer van Bultfontein en direkteur van die  maatskappy Backsaver Farming, het destyds toe Omnia en Graan SA met die boerepatente-kompetisie begin het en een van sy patente gewen het,  aan dié kompetisie deelgeneem. Hy het toe nie weer deelgeneem nie, tot en met vanjaar se kompetisie, omdat sy onderneming 'n  uitstaller op die Nampo-oesdag was.  Janse van Rensburg sê hy het besluit om 'n pampoenplanter te ontwerp omdat daar nêrens in die wêreld 'n  trekkerplanter beskikbaar is om pampoene aan te plant nie. Hy sê pampoenpitte word 'n meter uitmekaar geplant so daar is genoeg tyd om die pitte in die planter te pak en dan vind aanplantings outomaties plaas teen dieselfde diepte en afstand.



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.