On Now
Weekdays 18:00 - 19:00
OFM Business Hour Olebogeng
Show Background
NEXT: 19:00 - 22:00 OFM Nights with Ashmund
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Maatskappy ontwikkel 3D gedrukte biefstukke

───   12:15 Mon, 14 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Maatskappy ontwikkel 3D gedrukte biefstukke | News Article
Photo: Redefine Meat

Pieter Moller doen vanoggend verslag oor ‘n onderwerp wat vleisliefhebbers dalk dwars in die krop sal steek, naamlik 3D gedrukte biefstukke.


Die betrokke maatskappy, Redefine Meat, het onlangs hul plantgebasseerde biefstuk, genaamd die Alt-Steak, ontwikkel.

EN

Nadat die Agbiz Vertroue-indeks vir landboubesighede vanaf 50 tot 39 punte in die tweede kwartaal verswak het, weens onsekerheid rondom die Covid-19 pandemie en gepaardgaande nasionale inperking se invloed op die ekonomie, het die indeks in die derde kwartaal van 2020 tot 51 punte teruggesak. Die huidige vlak, net bokant die neutrale 50 punt merk, impliseer dat landboubesighede slegs effens optimisties is oor saketoestande in Suid-Afrika. Dit staaf data wat toon dat die meeste van die landbou- en landbousakesektore in Suid-Afrika nie te ernstig deur die voortslepende COVID-19-krisis geraak is nie, aangesien dié sektor as noodsaaklik geklassifiseer is en regdeur die inperking grotendeels met werksaamhede kon voortgaan. Die subsektore wat wel erg deur die inperkingsregulasies geraak is, sluit die wyn- en tabakbedryf in; waarvan die verkope vir sekere tydperke verbode was. Hierdie derde kwartaal-opname is in die eerste twee weke van September gedoen en dek landboubesighede wat in alle landbousektore regoor Suid-Afrika bedrywig is.



OFM-nuus

@ 2026 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.