On Now
Weekdays 00:00 - 05:00
Early Mornings Oscar
NEXT: 05:00 - 06:00 The Agri Hour with Gerben
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Plaasaanvalle onder die loep

───   ELSABÉ RICHARD 15:22 Mon, 14 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Plaasaanvalle onder die loep | News Article
File image

Die feit dat boere met slegs een toe oog kan slaap, is hartverskeurend.


Dié realiteit is Donderdag tydens ‘n webinaar onthul toe vyf sprekers oor plaasaanvalle en voedselsekerheid in Suid-Afrika gepraat het. Daar is aan die lig gebring dat vanaf Januarie tot Augustus vanjaar, altesaam 278 plaasaanvalle en 44 plaasmoorde regoor die land plaasgevind het. President van die Wêreldlandbou-organisasie, Dr. Theo de Jager, was een van die sprekers en sê Suid-Afrikaners alleen kan nie die stryd voer nie, die regering moet erken dat daar 'n probleem is. Hy het bygevoeg dat 'n verhouding tussen plaas-, gemeenskaps-, buurtwagte en die polisie positiewe resultate sal lewer in die stryd teen dié euwel. De Jager sê dat wanneer daar na debatte op sosiale media gekyk word, word die vinger dikwels na buitelanders as die skuldiges in dié verband gewys.

September is nie net bekend as die maand om Suid-Afrika se erfenis te vier nie, maar ook om bome te plant ter viering van die belangrike rol wat hulle speel. Dit staan regoor die wêreld bekend as Boomplantdag, wanneer mense veral skaars en inheemse bome plant om te verseker dat dit nog vir komende generasies sal voortbestaan. Die Noord-Kaapse LUR vir landbou, omgewingsake, grondhervorming en landelike ontwikkeling, Mase Manopole, het die provinsie se Boomplantmaand-veldtog vroeër vandeesmaand van stapel gestuur deur inheemse bome by die Barkley West Resort te plant. Die tema vanjaar is “Woude en biodiversiteit”. Manopole sê die departement het verkies om vanjaar wilde olyf- en spekbome aan te plant. Sy sê hierdie bome benodig nie baie water om te oorleef nie en is perfek vir die omgewing, aangesien die Noord-Kaap as 'n droogtegeteisterde provinsie verklaar is.

EN

Die 20 top-finaliste in vanjaar se Sauvignon Blanc SA Top 10-kompetisie is onlangs bekend gestel. Dié kompetisie is die enigste Suid-Afrikaanse kompetisie wat uitsluitlik aan Sauvignon Blanc toegewyd is. Die Kaapse Wynmeester en sameroeper van beoordelaars vir dié kompetisie, Dr Winifred Bowman, sê sowat 130 wynprodusente het ingeskryf vir vanjaar se kompetisie, met die meerderheid van die finaliste wat van die Darling- en Durbanville-omgewing afkomstig is. Geen Noord-Kaapse wynprodusente het in vanjaar se kompetisie deelgeneem nie. Die wenners van dié kompetisie sal tydens ‘n virtuele toekenningsgeleentheid op 14 Oktober aangekondig word. Sauvignon Blanc-liefhebbers kan hierdie aanlynfeesviering bywoon deur aan te sluit op sauvignonblanc.com.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.