On Now
Weekdays 12:00 - 15:00
At Lunch Anny
NEXT: 15:00 - 18:00 The Joyride with Nico, Nikki, Kayla and JayBee
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Brande vernietig plase in KwaZulu-Natal

───   ELSABÉ RICHARD 14:48 Tue, 15 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Brande vernietig plase in KwaZulu-Natal | News Article
File image

Boere in KwaZulu-Natal se midlands moes die afgelope naweek bontstaan toe massiewe brande in die area uitgebreek het.


Die vlamme het deur Mid-Illovo versprei. 'n Boer in die gebied, Tiaan Malherbe, sê ongeveer 16 kilometer grond in die Mid-Illovo-gebied is Sondagoggend deur 'n reeks brande verswelg. Hy sê hy het 10 hektaar van sy suikerrietplantasie verloor. Ongeveer 15 plase in die omgewing is vernietig, en die brand het ook in dele van 'n private wildreservaat gewoed.

Een van die belangrike uitdagings wat landbougemeenskappe in Suid-Afrika in die gesig staar, is hul afhanklikheid van die regering. Dit is volgens die sekretaris-generaal van die African Farmers Association of South Africa (Afasa), Nakana Masoka. Masoka verduidelik dat sommige van sy lede afhanklik is van die regering se steun om vooruit te boer sodat hulle ook hul veegetalle kan uitbrei, wat hulle in staat sal stel om kommersiële boere te word. Hy sê die koronavirus-pandemie, wat die begroting van die regering verslind, maak vanjaar 'n uitdagende jaar vir boere wat steun en hulp nodig het.

EN

Ondanks die streng koronavirusregulasies wat op sommige vlakke van die inperking toegepas is, wat 'n negatiewe uitwerking op die landboubedryf gehad het, het die derde kwartaal van hierdie jaar 'n oplewing getoon omdat meer sektore toegelaat is om sake te doen. Dit, aangesien die landboubesigheidsvertroue-indeks van 39 punte in die tweede kwartaal tot 51 punte in die derde kwartaal gespring het. Die hoofekonoom van die Landboubesigheidskamer van Suid-Afrika (Agbiz), Wandile Sihlobo, sê dit is 'n aanduiding dat landbou-ondernemings optimisme toon in die saketoestande in Suid-Afrika. Hy sê dit is in lyn met data wat toon dat die meeste van die landbousektore nie ernstig geraak is deur die voortslepende Covid-19-krisis nie, aangesien die sektor as ‘n noodsaaklike diens geklassifiseer is en nie gesluit het nie.



OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.