On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Egpaar op kleinhoewe aangeval

───   ELSABÉ RICHARD 14:48 Wed, 16 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Egpaar op kleinhoewe aangeval | News Article

Die polisie in Potchefstroom ondersoek ‘n saak van huisroof nadat ‘n egpaar op ‘n kleinhoewe in Wilgeboom oorrompel en aangerand is.


Polisiewoordvoerder Adéle Myburgh sê die egpaar, onderskeidelik 81 en 79 jaar oud, is Dinsdag deur ‘n verdagte aangeval. Sy verduidelik dat die 79-jarige vrou in die slaapkamer was toe sy aangeval is en versoek is om die kluis oop te sluit. Die verdagte het haar pistool gevat en na buite gegaan waar hy die 81-jarige boer gedreig het om by die huis in te gaan. Die boer is ook aangerand. Nog geen verdagtes is in hegtenis geneem nie. Polisie-ondersoeke duur voort. OFM-nuus het vroeër berig dat die Hartbeespoortdam-polisie in Noordwes op soek is na verdagtes wat betrokke was by huisbrake in drie afsonderlike voorvalle Maandagaand op 'n plaas en kleinhoewe in die Skeurpoort-omgewing.

Daarmee saam het plaasaanvalle verlede week tydens ‘n webinaar onder die loep gekom toe 'n paneel van vyf sprekers hulle kommer uitgespreek het oor die veiligheid van boere in Suid-Afrika. Een van die sprekers, Ian Cameron, onafhanklike kenner van gemeenskapsveiligheid en geweldsmisdaad, het oor hul bevindings van plaasaanvalle gepraat. Hy het bekend gemaak dat plaasaanvalle 'n baie meer dinamiese misdaad geword het in vergelyking met om bloot iemand te beroof. Die DA se skaduminister van staatsveiligheid, Dianne Kohler-Barnard, het haar stem bygevoeg deur te sê dat Suid-Afrika nie as 'n nasie kan oorleef as die grondslag van die land, wat die landbousektor is, in gevaar is nie.

EN

Alhoewel vanjaar se besonderse Nampo virtuele-handelskou verskeie hoogtepunte opgelewer het, was die reuk van sosaties nie een van die hoogtepunte nie. Dié virtuele handelskou het op 9 September aanlyn afgeskop en het verskeie sprekers aan die beurt gehad. Die vier-dae lange virtuele ervaring was ‘n eerste vir die bedryf. Graan SA se Toit Wessels sê hulle is trots op die aantal besoekers wat dié gebeurtenis bygewoon het, maar dat hulle uitsien na volgende jaar se skou op Nampo-park in Bothaville in die Vrystaat. Dit, as koronavirus-maatreëls dit sou toelaat.



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.