On Now
Weekdays 19:00 - 23:00
OFM Nights Ashmund
NEXT: 23:00 - 23:59 Overnight with Oscar
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Verwagtinge vir rekord oes nog op die kaarte

───   ELSABÉ RICHARD 11:50 Thu, 17 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Verwagtinge vir rekord oes nog op die kaarte | News Article

Vooruitsigte vir ‘n rekord mielie- en oliesade oes vir die 2019/20 seisoen lyk steeds goed.


Luan van der Walt, ‘n ekonoom by Graan SA, sê mielie-oeste lyk veral goed nadat die oesskattingskommitee meer as 5 miljoen ton voorspel het. Van der Walt sê in terme van oliesade lyk vooruitsigte vir die sonneblom-oes redelik goed met ‘n goeie opbrengs wat verwag word. Hy sê hierteenoor is die vooruitsigte vir die sojaboon-oes ietwat teleurstellend. Dit, nadat daar vir die eerste drie maande van die jaar ‘n mid-somer droogte was wat ‘n negatiewe impak op die sojaboon produksie gehad het.


EN


'n Bekende in die veebedryf, Chris Derksen sê lewendehawe pryse styg steeds. Hy sê Namibia en Botswana is vir alle praktiese doeleindes uit die mark as gevolg van die ernstige droogtes wat die lande 18-maande gelede ervaar het. Derksen voeg by dat die moontlikheid van uitvoere na die Midde-Oose van lewende beeste ook ‘n positiewe invloed op die mark sal hê. Speenkalwers, onder 200kg, het teen R42,00 per kg verkoop, terwyl speenkalwers tussen 200kg en 250kg, teen R38,50, en speenkalwers oor 250kg, teen R34,30 per kg verkoop het.




OFM-nuus

@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.