On Now
Weekdays 09:00 - 12:00
Mid-Morning Magic Yolanda
NEXT: 12:00 - 15:00 At Lunch with Pulane
Listen Live Streams

Agriculture

Landbounuus-podcast: Vooruitsigte dui op ‘n goeie reën- en oesjaar

───   ELSABÉ RICHARD 14:48 Thu, 17 Sep 2020

Landbounuus-podcast: Vooruitsigte dui op ‘n goeie reën- en oesjaar | News Article

Die moontlikheid van ‘n goeie reënjaar kan lei tot ‘n goeie 2020/21-oesjaar.


Dit is volgens ‘n ekonoom by Graan SA, Luan van der Walt. Hy sê in sekere dele van die land is boere steeds besig om te stroop terwyl ander boere reeds landerye voorberei om te plant. Hy sê boere in die oostelike dele van die land begin gewoonlik mid-September plant. Verder het Van der Walt bygevoeg dat die 2019/20-vooruitsigte vir ‘n rekord mielie- en sonneblom-oes steeds goed lyk.

Die nasionale departement van Landbou, Grondhervorming en Landelike Ontwikkeling het bevestig dat miljoene rande in droogtehulp aan verskeie provinsies – wat hiervoor aansoek gedoen het – toegeken is. Die departement het – in ‘n antwoord op ‘n geskrewe vraag in die parlement – gesê dat die geld vir spesifieke projekte goedgekeur is en vir die 2020/21-boekjaar uitbetaal gaan word. Die Noord-Kaap het die grootste toekenning gekry. Die provinsiale regering het oorspronklik in sy aansoek om droogtehulp, vir altesaam R600 miljoen gevra, om dit aan te wend vir die uitroeiing van uitheemse plante en om sukkelende boere met veevoer te help. Net R36 miljoen is egter aan die provinsie toegeken. Die tweede provinsie in Sentraal Suid-Afrika wat ‘n droogtehulp-toekenning ontvang het, is Noordwes. Altesaam R8 miljoen is goedgekeur vir die aankoop en verspreiding van veevoer. Die provinsie het in sy aansoek aangedui dat sowat R252 miljoen nodig is om boere in die provinsie by te staan. Die departement het aangedui dat net sewe provinsies vir droogtehulp aansoek gedoen het.

EN

Daarmee saam moedig OFM alle luisteraars aan om betrokke te raak by die onderskeie droogtehulpprojekte wat ten doel het om landbougemeenskappe te ondersteun. OFM het 'n webblad geskep waarop luisteraars inligting oor die droogtesituasie in die sentrale binneland en in ander provinsies kan verkry en skenkings kan doen. Skakels van organisasies, soos Agri SA asook Agri Noord-Kaap, is op hierdie OFM-blad beskikbaar. Gaan na ofm.co.za, kliek op die Agri Aid-banier op die tuisblad om toegang te verkry. Vir die jongste nuus, volg die hutsmerk #LandbouHoop.



OFM-nuus



@ 2024 OFM - All rights reserved Disclaimer | Privacy Policy | We Use Cookies - OFM is a division of Central Media Group (PTY) LTD.